Nuus24 het leser op hul Facebook-blad gevra wat hul houding jeens Suid-Afrikaanse uitgewekenes in die buiteland is...
Daleen Jonker: “Ek dink beslis nie dit is ’n maklikke besluit vir enige persoon, wat besluit om in die buiteland te gaan woon en werk nie. Jy moet jou familie, vriende, jou lewe hier agterlaat en ’n vreemdeling gaan wees in ’n vreemde land, tussen vreemde mense. As ’n mens nog nie saam met iemand in so ’n situasie was nie, dan weet jy nie wat aangaan nie. My broer praat steeds Afrikaans, skryf briewe en e-mails in Afrikaans, luister Afrikaanse musiek, hy is steeds trots Suid-Afrikaans. Al verskil is ,die Taiwanese het vir hom ’n werk gegee en hy verdien ’n ordentlike salaris sodat hy ook menswaardigheid het.”
Elize Findt: “Daar is misdaad in alle lande, en selfs die UK loop deesdae erg deur onder vandale en landsburgers wat staak, maar sowaar, ek twyfel of die misdaad met soveel geweld en op so groot skaal plaasvind as hier in SA. Daarom neem ek niemand kwalik wat padgee uit die land nie.”
Francois Koorts: “My een seun en sy gesin woon in Chicago. Hy het nie gevlug nie, maar het ’n besigheidsgeleentheid gekry. Hulle het permanente verblyf reg gekry. Ek was einde 2011 daar by hulle. Hulle het ’n beter lewe daar. Hoekom sal hulle terugkom na ’n land waar hulle nie werk sal kry nie en elke dag die gevaar loop om vermoor te word?”
Sara Kruger Jacobs: “Ag nee wat, as ek jonger was het ek ook gewaai! Van ons vriende en familie is koelbloedig vermoor en niks het in die twintig jaar verander! Raak erger en die land is in ’n gemors! Skaam my as ek na die parke en eens mooi plekke kyk en sien hoe vieslik dit lyk. Kan nie eens na ’n mooi waterval gaan kyk, te gevaarlik! Ingehok en gevangenis is ons. Bitterbek is ek nie, en dit help nie jy wil "positief" praat. DIS REALITEIT!!!”
Frances van der Westhuizen: “SA is ’n baie mooi land, het nou net in verkeerde hande beland. My eie opinie... dit is maar weer apartheid! En die werk is skaars en ek ken ’n paar mense wat lekker daar oor die water is en ’n paar wat maar kreun om weer vir hul voete hier te sit.”
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.