Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
rynogeldenhuys
 
Menings: 13
Artikels gelees: 382
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al rynogeldenhuys se kentekens.
 

‘DA is die antwoord’

03 December 2012, 07:23

Johan Swarts wonder in sy rubriek van 29 November waarom DA ondersteuners die party ondersteun.

In sy poging om misnoë met oningeligte politieke opinies en keuses uit te druk vaal Mnr. Swart redelik sleg daarin om hómself as geloofwaardig en ingelig oor te dra.

Laat dié DA-ondersteuner dan nou maar poog om ‘n bietjie lig op die onderwerp te bring. Daar is ‘n goeie rede waarom die DA sedert 1994 so drasties gegroei het vanaf ‘n skamele 1.7% van die nasionale stem tot die indrukwekkende vertoning van die 2011 munisipale verkiesing waarin die party so te sê daarin geslaag het om ‘n kwart van Suid-Afrikaanse stemmers se kruisie te verower.

Die groei kan ook nie nét toegeskryf word aan die tekortkominge van die ANC as regering nie, hoe baie daar dan nou ookal mag wees. En ja, dit gaan beter in die Wes-Kaap as enige ander provinsie in Suid-Afrika en dus dra die DA se belofte van beter dienslewering baie gewig.

Tog vermoed ek dat die DA se visie vir die bou van ‘n oop, geleendheid-gedrewe samelewing gegrond op die beginsels van die grondwet die boodskap is waarby ‘n groeiende aantal lansburgers aanklank vind en dus die groei van die party.

‘n Ware Suid-Afrikaanse party vir alle Suid-Afrikaners. Soos Helen Zille dit self gestel het by die opening van die DA se Federale Kongres verlede naweek: “Die DA is nie ‘n party vir rassiste nie. Dit is nie ‘n party vir seksiste, xenofobe of homofobe nie. Dit is nie ‘n party vir mense wat dink die lewe was beter onder apartheid nie. Dit is ‘n Suid-Afrikaanse party, vir al die mense, verenig in ons strewe na ‘n beter lewe vir almal”.

Die DA is teen alle verwagting besig om daarin te slaag om die sinnelose greep van rasgebaseerde politiese affiliasie in Suid-Afrika te breek. En dit ten spuite van die ANC se aanhoudende pogings om die ‘blou-golf’ te stop deur die ou betroubare raskaart te speel.

Jong leiers van alle agtergronde is besig om deur die DA se strukture na vore te kom en die gesig van die party, en die Suid-Afrikaanse politiese landskap as geheel te verander. Onder die bekwame leierskap van Lindiwe Mazibuko is die DA parlementêre koukus besig om die parlement terug te transformeer na die primêre arena van nasionale debatvoering.

DA-LP’s maak elke dag betekenisvolle bydrae tot komiteevergaderings en gebruik parlementêre prosesse tot hul beskikking om moeilike vrae aan die uitvoerende gesag te stel. Verder word daar op ‘n daaglikse basis alternatiewe beleidsvoorstelle geproduseer, elk gegrond op die DA se strategie om volhoubare 8% ekonomiese groei te bewerkstellig om armoede en werkloosheid te bestry.

Die party se webtuiste bevat ‘n rykdom inligting en Mnr. Swart sal homself ure kan besig hou met die leesstof beskikbaar daarop.

Jong Suid-Afrikaners word nie verblind deur lojaliteit teenoor die ANC as bevrydingsbeweging nie. Ons soek na ‘n party waarin ons kan glo om ‘n beter toekoms te lewer. Ons is op soek na ‘n party van hoop.

‘n Party wat ons individuele regte en die grondwet repekteer en beskerm. ‘n Diverse party wat dienste lewer aan almal en rekonsiliasie en regtelling deur die bou van geleendhede, onderwys en opleiding as top prioriteite ag.

Die DA ís die antwoord.    

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

1 menings 61 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 259 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

4 menings 145 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 672 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

4 menings 643 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

5 menings 851 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.