Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 3
Artikels gelees: 306
 
 
Jongste kentekens:
 
 

DA-erfenis speel steeds ’n rol

22 February 2013, 07:53  - Barend

Dokter Mamphela Ramphele...

Sy het mense omtrent aan die gons gehad die afgelope tyd. Was dit nou nie vir die atleet wat die ganse mensdom se aandag gegryp het nie, dan was dr. Ramphele sekerlik méér in die nuus.

Maar daar was kwaai kritiese stemme teen dr. Ramphele se inisiatiewe. Dit is verstaanbaar eintlik.

Dr. Ramphele se inisiatiewe word deur sommige in verband gebring met die stigting van die Congress of the People (COPE), en ook met die stigting van die United Democratic Movement (UDM). Pasopens, word daar gesê, dis swaar om ’n nuwe party te stig. Kyk maar wat het met COPE gebeur, kyk wat het met UDM gebeur.

Maar COPE was eintlik hul eie doodskoot. Die kiesers het vir COPE ’n redelike mandaat gegee. Dit was die leierskap van COPE wat hul eie grootste doodskoot was. En in vergelyking met die UDM was COPE nogal ’n ‘verbetering’.

Dit is, na my beskeie mening, amper onmoontlik om te voorspel wat gaan word van dr. Ramphele se inisiatiewe. Maar daar is een ding wat ek tog wil waag om te sê, en ek weet dat ek selfs dáároor verkeerd kan wees, en dit is dat indien ons ooit in Suid-Afrika gaan beweeg na die tipiese twee groot partye stelsel, dat die Demokratiese Alliansie (DA) nie die ‘ander’ party gaan wees nie.

En dit het niks met die leierskap of die beleid van die DA te make nie. Dit is maar bloot ’n kwessie van die aard van die erfenis wat die DA met hom saamsleep. Okay, dis wonderlik vir hulle dat hulle die Wes-Kaap regeer. Eintlik het die DA die Wes-Kaap al sedert 1994 regeer, net met ’n tussenpose van ANC regering. Dit was tog die mense wat in ’94 die NP daar ingestem het wat maar uiteindelik hul rug op beide die NP en die ANC gekeer het.

Die feit dat dr. Ramphele nie deel van die DA wil wees nie, vertel ’n verhaal in eie reg. Dit vertel dat die unieke erfenis van die DA stééds ’n rol speel. Dis ’n erfenis wat nooit oorkom sal word nie. Selfs al absorbeer hulle simbole van die struggle. Selfs al praat hul leier al beter en beter Xhosa. Selfs al is hul parlementêre leier swart...

Daar is al ’n geruime tyd ’n ongemaklikheid te bespeur oor die presiese manier waarop die erfenis ontgin en bestuur word in Suid-Afrika. (Lees gerus hierdie artikel op die web uit die wonderlike boek). Die verlede is, net soos in dit tyd van apartheid, geen lig waarmee onkunde bestry word nie, maar eerder ’n wapen, waarmee daar gepoog word om mense se koppe en harte te beheer.

En daar is ’n baie mooi ou ding in Afrikaans, dit lui só: Al nael die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel.

Vra maar vir Lance Armstrong.

Ek gee nie regtig om oor of die nuwe inisiatiewe uiteindelik ’n sukses sal wees of nie. Dit is bysaak.

Die feit is ons het hierdie stemme nodig. Ons het almal nodig wat, al is dit net ’n titseltjie, omgee vir ons land en die mense van ons land.

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 80 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

5 menings 280 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 280 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 447 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 825 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 836 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.