Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Simon Riekert
 
Menings: 2
Artikels gelees: 184
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Waarheen nou met opkikkerbeheer?

08 November 2012, 12:01  - Simon Riekert

Beste sportmens,

Ek skryf vandag ‘n ope brief aan die gemeenskap oor ‘n krapperige saak en ek vertrou dat jy my brief sal lees met die integriteit waarmee ek dit skryf.

Lance Armstrong was die laaste paar weke vir alle verkeerde redes in die nuus. Hy is onthef van sy sewe Tour de France titels, ontslaan deur sy borge, verban uit fietsry en verguis deur die administrateurs van fietsry oor sy beweerde opkikkermisbruik.

Op hierdie stadium ja, is als bewerings. Armstrong het niks erken nie, maar hy het die administrateurs, borge en publiek hul gang laat gaan oor die bewerings. Armstrong het gesê hy is siek en sat vir baklei.

Intussen is een van ons mees suksesvolle fietsryers, David George ook in die spervuur nadat hy erken het dat hy ook verbode middels gebruik het. George, tweede in verlede jaar se Cape Epic, het in die media erken dat hy die verbode middel EPO gebruik het. Sy verhoor, na aanleiding van die bewerings en sy openbare erkenning lê nog voor.

Twee fietsryers, twee insidente, twee stelle gevolge. Hoeveel stelle reëls?

Nie te lank terug nie, om die waarheid te sê in Januarie 2011, was Bjorn Basson en Chilliboy Ralepelle van die Blou Bulle in die moeilikheid oor die gebruik van ‘n verbode middel.

Hulle is na ‘n ondersoek, vrygespreek alhoewel spore van die verbode middel in hul liggaamsvog gevind is.

Geen haan het daarna weer hieroor gekraai nie.

Op internasionale vlak is Marion Jones, briljante vroulike naelloper, skuldig bevind aan die gebruik van verbode middels, selfs al het sy geen erkenning daartoe gemaak nie. Sy moes als teruggee en het in die tronk beland vir haar “wandade”.

In die sportgemeenskap sal jy gereeld argumente vir en teen die gebruik, toets en gevolge van opkikkergebruik hoor. Intussen word die lys van bewerings en verdagtes al hoe langer namate die media al hoe meer sensasioneel daaroor berig.

Lance Armstrong is ‘n goeie voorbeeld hiervan.

Jare van verdagmakery, onkeninning, argumente, hofaske, eise... eintlik dink ek, soos jy, wou ons nie hê die “penny” moes “drop” nie.

Armstrong was ‘n held.

Mense hou van drome en die idealisering van ‘n held. Ons hou van iets groters waarin ons kan glo en na kan opkyk. Ons wil filmsterre en sportmense bewonder.

Selfs toe die krake kom, het ons steeds bly glo in die goed wat Armstrong kon uitstraal. Hy was bo die reg verhewe en ons het versadig ge-eet aan die soetkoek van hierdie skadukant van sport se onderwêreld.

Hy was meneer Livestrong wat die Tour de France “syne” gemaak het en kanker oorwin het.

Realisties gesproke, na tien jaar van krap is daar slegs omstandigheidsgetuienis gevind deur die Amerikaanse Anti-Doping Agency teen Armstrong wat grootliks gebaseer is op erkennings van mede ryers wat ‘n appeltjie met hom te skil het.

Vir verskeie redes is ek dankbaar die sweer het gebars. Armstrong het besgegee. Of hy onwettige middels gebruik het, is bysaak. Feit is sy kompeteerders het erken hulle het gedope en soos die media dit graag wil uitmaak, die grootste opkikkerskandaal-era in sport is ontbloot.

Die vraag is waarheen nou met opkikkerbeheer?

Of Armstrong harder geoefen het as almal, nooit ‘n voet verkeerd gesit het gedurende die Tour de France nie of die mees suksesvolste ryer ooit was, is nou geskiedenis. Hierdie en ander onderwerpe word nou ‘n debat vir of teen hom.

Geen wonder dat gesaghebbende stemme in die mediese, sport en kommersiële veld opgaan om die reëls van opkikkegebruik te verander nie. Die twee pole sal atyd daar wees; die reëls en die omstandighede wat die reëls probeer beheer. Daar sal altyd diegene wees wat sport rigied probeer beheer en die ander wat kyk waar ‘n gaping in die reëls is, ter beswil van die atleet wat beter, vinniger en verder wil gaan.

Sport lewer bitter min langtermyn helde op in enige era.

In ons generasie was ons bevoorreg om internasionale helde soos Michael Schumacher, Valentino Rossi, Usain Bolt en Lance Armstrong te sien.

Op nasionale vlak het ons rugby-, sokker-, krieket en atletieksterre, swemkampioene, golfkampioene en kampioen-fietsryers, Comrades-ikone en ultra-atlete wie ons bykans verafgod.

Ons en die borge, die media en amateur sportmense kyk op na hulle en idealiseer hul prestasies en leefstyl.

Is of was hulle almal altyd “skoon”?

Wat dan as hulle nie eerlik was nie? Is reëls absoluut of mag daar uitsonderings wees? Waar trek jy die streep van integriteit, te midde van ‘n oormag van druk om te presteer?

Bring die argument nader aan jou eie bas; wat van jou gemoedstabiliserende pilletjie, antidepressante, kalmeermiddels? Dope jy nie ook nie?

Ons verwys na sport en opkikkers in dieselfde asem as dagga, heroïen, crack en tik. Is dit regverdig?

Gooi jy maar liewers die eerste klip!
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 54 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 246 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 268 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 435 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 805 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 832 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

MS BI Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.