Verlede Donderdag gesels ek en 'n vriend 'n bietjie rugby so deur die politieke-geselsies deur. Hy is baie verbaas toe ek noem dat ek glad nie omgee as die span wat ek ondersteun verloor nie, solank dit 'n "lekker" verloor is.
My argument was dat alhoewel die Stormers bo aan die Superrugby-punteleer geëindig het, hulle net nooit die wêreld aan die brand gespeel het nie en dikwels maar 'n vervelige tipe rugby gespeel.
Dieselfde vervelige rugby wat gemaak het dat hulle lelik in die uitspeel-fase vasgeval. Vervelige rugby wat die rede was dat die WP verlede week nog tweede laaste op die Curriebeker-punteleer was. My siening was, en is, al verloor ons dan, laat dit met "lekker" rugby wees...
Rugby waar die bal in die hand gedra word, waar die agttal 'n goeie grondslag vir die agterspelers lê, waar die binnesenter gate maak en die buite senter daardeur stuur wat op sy beurt vir die vleuel gee om te druk.
En al verloor die span dan, dan was daar goeie, lekker rugby gespeel wat ek as ondersteuner geniet het.
Maar dit was 'n vergesig waarvan ek net kon droom en jou wragtag kom die WP en doen juis dit en doen dit met 'n span wat bra groen om die kiewe is!
Al het die span ook Saterdag verloor sou dit nie vir my so erg gevoel het nie, want ek sou my daaraan kon troos dat ons span "lekker" rugby gespeel het! So welgedaan WP!
Ek weet dit is nie die beker wat gewen is nie, maar as ons so speel, wie weet? Dit mag dalk net daarnatoe lei, of hoe?
GESELS SAAM: Voel jy ook so oor rugby of moet jou span elke wedstryd wen? Wie dink jy gaan wegstap met die Curriebeker-trofee? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.