Die berig ‘SA se dienslewering is 'uitsonderlik' – Zuma’ verwys...
Die man is van sy kop af, weet hy hoegenaamd waarvan hy praat?
My dorp het nog grondpaaie. Die regering belowe elke jaar ons gaan teerpaaie kry, maar daar gebeur niks. Die lokasie het teerpaaie gekry en daar is minder rygoed as die res van die dorp.
Ons kraanwater is te vuil om te drink. Ek moet dit eers kook. Hier was die afgelope 12 jaar geen nuwe ontwikkeling nie.
Ons krag skop af as dit net effens reën – ek het al talle rekenaars so verloor.
Ek kan nog baie lank so aangaan en ek is nie swartgallig nie, maar pres. Jacob Zuma sal sy feite moet regkry!
GESELS SAAM: Hoe lyk dinge in jou dorp? Is jy gelukkig met die dienslewering in jou dorp? Deel jou storie en foto's met ons.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.