Wie gee om as ou vlag wapper?
deur Jean W
2010-03-02 07:54
Met verwysing na die berig dat die ou Suid-Afrikaanse vlag by die Kaapstad-stadion verban gaan wees: Dis lank laas wat ek iets gehoor het wat so belaglik is.
Om die waarheid te sê, ek het amper begin lag.
Die enigste rede hoekom ek nie hardop uitgebars het van die lag nie is omdat dit so pateties is.
Het die sportbase nie beter dinge om te doen as om sulke onsinnige reëls te sit en uitdink nie?
Ons almal is bly die ou Suid-Afrika is iets van die verlede, maar om die geskiedenis op so 'n manier te ontken is nie net onnodig nie, dis eintlik pateties.
Ek sal die moeite doen om my ou vlag spesiaal in te smokkel, net omdat hulle sulke kleinlikhede uitdink, en net om vir hulle te wys ek sal enige vlag waai wat ek wil.
Hoekom bekommer hulle hulle nie eerder oor die voorkoming van misdaad by stadions nie.
Dis mos nou net soos die geagte meneer Cele, wat 'n ou klein landsvlaggie van 'n tafel wil verwyder, eerder as hom te bekommer oor die verskriklike misdaad wat die land teister.
Wanneer gaan ons verlos wees van sulke kortsigtigheid?
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.