Ek lees die afgelope ruk almal se opinies oor die kwessie van renosterstropery en die probleme met verkeersoortreders, en al daardie dinge.
Keer op keer het ek my kop geknik terwyl ek lees – mense het baie goeie idees om hierdie probleme op te los. Daar is regtig nogal 'n paar mense wat idees het wat kan werk!
Maar hier is die probleem: Die probleem is nie by die formulering van die oplossing nie, die probleem is by die toepassing daarvan. Dis by wetstoepassing wat ons elke keer die bal laat val.
Kyk nou maar na ons grondwet. Ons het een van die beste grondwette in die wêreld. Dis 'n algemeen aanvaarde feit. Maar die probleme wat ons in ons land het, het te doen met die feit dat daardie grondwet in die praktyk nie so goed toegepas word nie. In die werklike lewe daar buite maak die grondwet nie saak nie, want die bepalings daarin word nie ernstig genoeg opgeneem nie. Daarom sukkel ons nog so met armoede, misdaad, en al die ander goed.
Dieselfde kan gesê word oor renosterstropery. Ons kan met die beste plan vorendag kom om stropery te keer, maar as dit nie toegepas word nie – as daar nie mense op die grond is wat dit aktief toepas nie – gaan dit weer net mooi praatjies wees. Daarvoor het 'n mens regeringsliggame nodig, sowel as die wil om 'n probleem op te los.
En hier is ons groot probleem. Ons is tog so lief vir praat, maar wanneer dit by doen kom, is ons wetstoepassers nêrens te vinde nie!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.