Brentie

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Wat is rassisme?

deur Brentie
2012-01-31 08:18

‘n Debat het verlede week losgebars oor die omstrede DASO-plakkaat wat ’n kaal gemengde paartjie in mekaar se arms uitbeeld.
 
Vir sommige beeld dit samewerking uit. Vir ander dominasie van wit oor swart, vir ander blatante seksuele uitbuiting.

Beskuldigings van rassisme word heen en weer geslinger. Maar wat is rassisme nou eintlik? Is die bestaan van verskillende rasse die oorsaak van rassisme? Kan ’n mens sê as rasse nie bestaan het, dan sou rassisme nie bestaan het nie en dat die oplossing te vinde is in die uitwissing van alle verskille wat rasse van mekaar onderskei? Dus soos sonder Christus geen Christene, netso, sonder ras geen rassisme?

In hoofstuk 2 van die Suid Afrikaans grondwet verskyn die handves van regte. Dit bepaal ondermeer:

“Gelykheid”
9. (1) (2) (3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens,gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.
(4)...

Alhoewel  "ras" genoem word, het die grondwetopstellers dit nie nodig geag om "ras" te omskryf nie. Het hul aangeneem dat almal in Suid-Afrika weet wat  met "ras" bedoel word en dus ook wat "rassisme" is? Tog word daar enkele eienskappe genoem wat rasse kan idntifiseer, soos bv. kleur, kultuur en taal. Ras en etnisiteit word dikwels as sinoniem met mekaar gebruik.

Ook  word teenstydige definisies aangetref. Ras kan dus ’n groep mense wees wat dieselfde velkleur en ander fisieke kenmerke het, wat dieselfde taal praat en dieselfde geskiedenis en gewoontes het.

Etnisiteit hou dan meer verband met ’n groep mense wat dieselfde kultuur en gewoontes het. Etnies aflgelei van latynse ‘ethnicus’ en Griekse ‘ethnikos’ wat afstam van ‘ethnos’, wat ras beteken, wat aantoon hoe inmekaar begrippe etnisiteit en ras verweef is.

Waar nasionaliteit te doen het met burgerskap word etnisiteit dan verbind met kulturele groepe met spesifieke kulturele gebruike. Etniese groepe word onder verskillende nasionaliteite aangetref.

Afrikaners, meestal afstammelinge van Nederlandse voorouers, insluitende afstammelinge van die Franse Hugenote en Duitse Protestante vlugtelinge, wat ondertrou het met Hollandse nedersetters en Afrikaans as hul moedertaal aanvaar het, vorm ’n etniese groep. Daar is baie verklarings oor hoe die verskillende rasse onstaan het.
 
In Genesis 11:9 verbreek God die mensetrots deur die toringbouers se taal te verwar om die menslike opstand teen God se opdrag dat die mens oor die hele aarde moet versprei te beëindig. Taal word dus ’n faktor wat groepe saambind.

Op http://www.bradshawfoundation.com/journey of mankind,  ‘The Peopling of the world’, kan ’n mens ’n voorstelling vind hoe mense oor die aarde versprei het, asook die wetenskaplike navorsing waarop dit gegrond is. Dit strook ook met Darwin se navorsing dat slegs die groepe met die regte genetiese eienskappe kon aanpas by die verskillende en soms snel veranderende klimaatstoestande en oorleef.

Omdat die geïsoleerde groepe ondertrou het, het die genetiese eienskappe wat nodig was vir oorlewing behoue gebly en het unieke menserasse ontstaan. Die Neanderthals  kon bv. nie aanpas nie en ook nie weerstand bied teen ander groepe nie en het hoewel daar wel vermenging op klein skaal was, met indringers in hul grondgebied, tog uitgesterf. Ook in Suid-Afrika het Suid-Afrika se eie swart Nepoleon stamme met geweld verower en ingelyf.

Nou kan ’n mens vra wat het die goed met rassisme te doen? Rassisme het te doen met die gedagte dat die eienskappe wat genoem is, jou superieur tot ander rasse maak. Dit maak jou dan geregtig om hul taal, kultuur, geskiedenis, onderdanig aan joune te maak.

So word bv. Engels beter as Afrikaans as onderrigtaal beskou en is talle Afrikaanse instellings verengels. In my opinie is die beoefenaars daarvan "taalrassiste" ongeag die motiverings daarvoor. As jy my kultuur ook as minderwaardig beskou, gemeet aan joune, is jy ’n "kultuurrassis" ens.

In ’n land soos Suid-Afrika met sy verskillende etniese groepe moet daar terwille van oorlewing afgesien word van sekere gebruike en gewoontes as hul nadelig blyk te wees vir die heil van die totale bevolking.

Sekere seksuele praktyke, bv. om sonder voorbehoedmiddels seks te beoefen, het tot die snelle verspreiding van vigs en vroegtydige dood van meer as 4 miljoen mense van alle rasse gelei. Die beoefenaars daarvan het ’n geweldige las op die snel vervallende gesondheidsisteem tot nadeel van die gemeenskap as geheel, geplaas. Hulle is dus "seksuele rassiste" want hul het hul eie seksuele genot bo die belang van die gemeenskap geplaas.

Verbied die Bybel rassevermenging? In Handelinge 17:26-27 wys Paulus daarop dat God aan elke volk ’n plek gegee het om te bly sodat hul Hom kan dien. Dit sal dus perse verkeerd wees om te sê dat God uitdruklik rassevermenging verbied. Uit moedeloosheid oor haar kinderloosheid gee Sarai haar Egiptiese slavin aan haar man om ’n kind te verwek. God het Hagar en haar kind se nageslag geseën en dit ’n groot volk gemaak.

Die Bybel wys wel op die gevare van vermenging, omdat vreemde volke dikwels ander gode aanbid het en so het selfs die wyse Salomo se vrouens talle vreemde godsdienste so onder sy neus beoefen. Uiteindelik sou dit ook tot Israel se ondergang lei omdat hul vervreemd geraak het van die enigste ware God soos die Hom aan hul deur die profete en talle wonderwerke geopenbaar het.
 
Huwelike hou nie in vandag se dolle gejaagde lewe nie en skiet egskeidings die hoogte in, ook onder Christene. Dit is vir my persoonlik dus onwys om botsende kulturele belange en gewoontes in ’n huwelik in te bring.

Dit bly vir my ’n hartseer saak om te sien hoe die bruin bevolking spook en spartel om ook vir hul en hul kinders ’n plekkie onder die son onder die huidige regering te beding. Daar is wel studies oor gemengde huwelike gedoen. Hoe betroubaar die studies is, soos bv. die een wat hier gerapporteer is, is nie duidelik nie.

In die Bybel, veral die Ou Testament, is daar talle gebruike en gewoontes wat ons vandag as vreemd en selfs barbaars sal beskou. Ons stenig nie meer die owerspelige mense nie. Al hierdie gewoontes en praktyke was egter daarop gerig om die voortbestaan van God se uitverkore volk te verseker.

’n Vigs-pandemie sou Israel uitgewis het, want as indringers in die beloofde land, waar volkere, soos vandag, Israel wou uitwis, kon slegs die sterkstes en fikse en geharde soldate oorleef en die oorwinning behaal, om die voorbestaan te verseker van ’n volk waaruit die Verlosser vir die hele mensdom, alle volke, rasse en etniese groepe gebore sou word.
 
Met die paar gedagtes hoop ek ek kan 'n gesonde debat ontwikkel oor 'n uiters belangrike saak.

 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic AT
2000
R 109,300.00

FORD

Ranger 1800 SWB XL
2002
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.