Hier in die Inkwanca-munisipaliteit gaan dit maar beroerd. Slaggate het slaggate. Die paaie in die dorp het self slegte slaggate.
Daar is verskeie stoptekens wat nie meer ’n teken het nie en nog minder is die "stop" geverf op die teer. Verkeer vlieg deur die dorp se hoofstraat aangesien niemand hulle meer aan so ’n stopteken steur nie.
Die polisie kan nie juis iemand aankla as hulle nie stop nie aangesien die sogenaamde stoptekens nie aan die basiese vereistes van ’n stopteken voldoen nie.
Die res is grondpaaie. In baie van die paaie het ’n mens ’n 4x4 nodig. Die gras groei tot in die middel van hierdie paaie en sommige bestaan nie eens meer as gevolg van hierdie rede.
As dit reën kan mens maar vergeet van in die dorp ry behalwe die hoof-teerpad, maar dan word jy dalk betrokke in ’n ongeluk omdat die stoptekens nie bestaan nie. Die munisipaliteit sal die gate met grond toemaak en paar dae later is dit weer oop en groter.
Ongelukkig gaan dit nie juis beter in die township nie en die paaie is onbegaanbaar. Dreinering van strate bestaan net eenvoudig nie.
Waarheen gaan ons belastinggeld?
GESELS SAAM: Word daar in jou geweste genoeg gedoen om paaie in 'n goeie toestand te hou? Hoe lyk die paaie in jou geweste? Deel jou mening hier en laai jou foto's hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.