Corné Brits

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Waar is die opposisie?

deur Corné Brits
2010-03-01 07:35

Dis vir my baie interessant om te sien dat Lynda Odendaal, wat verlede jaar nog Cope se wondervrou was, nou skielik oorgeloop het na die ANC toe.

Ek moet sê, ek is nie seker of ek moet lag of huil oor haar besluit nie.

Met verlede jaar se verkiesing het ons almal vreeslik baie hoop gehad dat daar in Cope uiteindelik 'n ware opposisieparty sou wees wat as alternatief gesien kon word vir die ANC. Maar tot dusver is ons almal lelik teleurgestel deur Cope.

Partykeer wonder 'n mens nog of hulle bestaan, want dis asof daar sedert die tweede helfte van verlede jaar 'n oorverdowende stilte uit hierdie party se kamp kom.

Nou wonder ek net, wat staan ons te doen wanneer die volgende verkiesing kom? Gaan al die Cope-kiesers maar weer by die DA inval? En is dit die oplossing?

Om eerlik te wees, ek dink nie so nie. As ons verandering wil sien in die land gaan dit deur 'n party moet wees wat nie as oorwegend wit gesien word nie.

Daarmee sê ek nie die DA is rassisties nie, maar in die oë van die gemiddelde kieser is die DA net nog 'n party vir witmense.

Daarom is dit so jammer dat Cope ons so vreeslik in die steek gelaat het. Pleks van om hulle posisie te versterk, het hulle in die laaste paar maande absoluut niks gedoen nie.

Al wat 'n mens hoor is dat een van hulle leiers so nou en dan oorloop na die ANC.

As jy my vra is dit nog 'n kans op 'n ware demokrasie wat verspeel is.

Wat nou? Gaan ons ooit 'n ware demokrasie sien in ons land?

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

jpstrauss sê... sudo add-apt-repository ppa:ubuntu-wine/ppa, sudo apt-get update, sudo apt-get install wine1.3 Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Matrikulante of Studente

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
Telesure Group Services (Pty) Ltd
R5400

Rock Star Intermediate Java Developers!!! - R200k – R300k - Randburg

Randburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R200000 - R300000

C# Software Developer

Century City, Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 TDi Sportline 5-dr Dsl
2005
R 159,950.00

NISSAN

Micra 1.4 Elegance 5-dr
2004
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.