Ek onthou nog toe ek kind was, na ‘n lekker Sondagmiddagete, het al die grootmense gaan slaap en die kinders is die dood voor die oë gesweer as jy ‘n geluid sou maak.
Eintlik was die kinders ook veronderstel om te slaap, maar dit het nooit gebeur nie. Solank jy nie die groot mense pla nie was dit ook oraait.
Blaffende honde is dan stilgemaak of toegesluit, televisies afgeskakel en niemand het dan durf grassny nie. Dis dan Sondag. Heilige slaaptyd. So vanaf 14:00 tot 17:00 die middag was die hele woonbuurt grafstil.
Kyk, ek hunker nie terug na die ou dae nie, ek is doodgelukkig in die hede. As daar egter een ding is waarna ek terugverlang is dit daai stil Sondaemiddae. Waar ek bly in ‘n redelik stil en veilige Bolandse dorpie is Sondae ook nie meer wat dit was nie. Net as jy jou kop wil neerlê vir daai lekker slapie, wat net een keer in ‘n week gebeur, blaf die een burrman se hond, asof hy weet jy probeer slaap.
Dan speel die tienerseun aan die anderkant sy Matallica asof hy hardhorend is - ek kan goeie musiek waardeer, maar op my eie terme. Wie sê vir hom dat ek nou lus is om sy musiek te hoor?
Oorkant die straat werk ‘n ander buurman aan sy bike, wat hy so af en toe moet ref om seker te maak al die verstellings wat hy maak wel die fiets harder laat raas. Dit in ‘n doodgewone middeklas-woonbuurt.
Is daar nie ses dae van die week, waar al die goed wat raas afgehandel kan word nie? Is dit ‘n teken dat ek onverdraagsaam is, of oud word? Is dit onredelik van my om te vra dat my bure my dieselfde stilte gun as wat ek probeer om hulle te bied.
Ek hou ook van ‘n lekker braai, met goeie pelle en musiek wat speel, maar ek maak darem seker dat my braai so begin dat ek niemand na 22:00 op ‘n Saterdagaand uit die slaap sal hou nie. As my hond blaf, gaan kyk ek, en maak hulle stil as hulle vir die wind blaf, dis tog nie moeite nie, en dit is my verantwoordelikheid.
Ek verstaan dat almal nie dieselfde waarde aan ‘n Sondag heg nie, en sommige mense het net die dag om gras te sny en sy boom te trim met sy ketting saag, maar kan ons nie maar die Sondagmiddag half stil hou nie?
As mens daaraan dink dat die gemiddelde huis, in die gemiddelde straat, grens aan ten minste drie of vier ander huise, maak dit tog sin om jou bure in ag te neem en redelike tye aan jou houtwerk projekte werk, nie 22:00 die aand nie, of na 12 uur te kareoke saam met jou vriende sodat die bure jou drie blokke ver hoor nie.
Dit is dan wanneer goeie buurmansakp my nie beskore nie en ek eers mooi, en later minder mooi gaan vra of die hond wat nou al twee ure non-stop blaf asseblief stil gemaak kan word, of dat die musiek sagter gedraai word, dit is darem al 01:00 op ‘n Sondagoggend.
As ywerige kampeerder neem ek ook die tendens waar. Net aangekom by die kampplek of buurman sit sy boeremusiek aan dat die hele kamp na ’Balke toe 2’ kan luister. Ek het self al in die tent lê en luister na Sewende Laan se temalied vanuit die karavaan langsaan.
En as jy gaan vra dat dit bietjie sagter gedraai word, is die vuil kyk wat jy kry genoeg om jou te laat verstaan dat dit darem ‘n onredelike versoek is.
Ek het nie veel wat my pla in my daaglikse handel en wandel nie, ek hou van ander mense, kom goed met die meeste oor die weg, selfs met die buurman wat sy Honda service op ‘n Sondag.
Ek het wel ‘n probleem met mense wat nie hulle bure in ag neem nie, veral as jy jou bes doen om hulle nie te ontwrig nie.
GESELS SAAM: Wat dink jy van die brief? Het jy enige probleme met jou bure? Hoe hanteer jy daai probleem-situasies? Deel jou mening hier.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.