Elrita

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

'Verdra tog ons rokers'

deur Elrita
2010-08-19 13:34

Ek skryf oor JP se siening oor rook, in die brief Moenie naby kinders rook.

Wat my altyd pla van mense soos hierdie is dat hulle hulle sienings op almal om hulle wil afdwing. Of jy rook of nie rook nie is jou eie saak, en dis nie vir iemand anders om jou voor te sê nie.

Dis al genoeg dat 'n mens nêrens anders kan rook nie. As ek dan in die privaatheid van my eie huis wil rook, is dit my saak, niemand anders s'n nie.

Dis hierdie onverdraagsaamheid wat nog eendag 'n einde aan ons wêreld gaan bring, en ek praat nie net oor rook nie. Sodra iemand 'n bietjie anders as ons is of dinge 'n bietjie anders as ons doen probeer ons hulle verander en maak soos ons. En as hulle nie doen wat ons sê nie probeer ons die lewe vir hulle so moeilik as moontlik maak. Dit klink soos 'n klomp kinders by 'n kleuterskool.

As iemand anders voel oor die lewe as jy, en ander goed doen, laat hom sy ding doen. Hy doen jou niks skade aan nie.

As ek rook in my huis, wat het dit met jou te doen? Hoekom is ons so bang vir mense wat anders is as ons?

Dis die jaar 2010. Wanneer gaan ons eendag leer om verdraagsaam te wees met mekaar se gewoontes en gevoelens?

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Blip sê... Ons het wel ander uitvoere -- minerale, veral -- wat ons buitelandse valuta inbring. Nes hoe die olieproduserende lande hul olie verkoop. Selfs toe ons deur sanksies geknel was het ons altyd genoeg olie uit die Midde-Ooste kon koop (al was dit teen 'n premie deur middelmanne) En voedsel kan altyd in soortgelyke krisisse bekom word. Ons hoef regtig nie ons te verbeel ons woon in 'n permanente beleg nie en dat ons daarom moet laertrek. Die ou sanksie-era is lankal verby en selfs dan was daar g'n voedselsanksies nie. Terwyl olie 'n skaars kommoditeit is en die aantal uitvoerprodusente beperk is -- en dus 'n kartel kan vorm -- is voedselprodusente byna onbeperk die wereld vol versprei en kompetisie is dus oop, wat kartelvorming beperk en pryse laag hou. Slegs natuurrampe soos droogtes, vloede, siekteplae ens kan tydelike tekorte en prysstygings skep, maar hulle kan ook jare van oorvloed en oorproduksie skep wat pryse so laag laat daal dat marginale produsente hul uit die mark onttrek omdat dit onwinsgewend is. Die wereldmark van handel is, natuurlik, 'n zero-som vergelyking: tel alle uitvoere in die wereld op, en dis presies dieselfde as alle invoere in die wereld, want elke uitvoerder verg 'n invoerder, en die omgekeerde. Solank jy, as 'n land, jou handelsbalans binne redelike noue perke hou, maak dit min saak wat presies jy uitvoer of wat jy invoer. Dus, voer net meer mangaan uit en voer dan meer mielies in. Alles in die haak! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,990.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.