Dit bekommer my om te sien hoe die regerende party die matriekuitslae jaar na jaar gebruik as 'n poging om 'n bietjie politieke punte te verdien.
Jaar na jaar hoor ons hoe die slaagsyfer van matrieks "hoër" raak, terwyl ons terselfdertyd sien hoe die standaarde erg daal.
Twee en twee is nie gelyk aan vier nie, lyk dit my.
Hoe is dit dat dinge in ons skole elke jaar net slegter gaan, maar die slaagsyfer raak net hoër? Enige swaap behoort mos te kan sien dis 'n kunsmatige situasie.
Ek oorweeg dit om my kinders by die huis skool te gee, want ek kan hulle net nie meer in die regering se hande laat nie.
Ek kan nie met hulle toekoms speel soos die regering met die res van ons land se kinders se toekoms speel nie...
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.