'Trek die goeie na jou toe aan'
deur Riaan van Zyl
2010-08-17 07:35
Ek lees elke dag die nuus en kommentaar op Nuus24.
Ek neem ook elke dag deel aan die peiling en dit maak my siek om te sien hoeveel mense negatief is. Ek is n 18-jarige werkende student en 'n trotse Afrikaner, al luister en kyk ek nie altyd Afrikaans nie.
Ek probeer nie om enigiemand gelukkig te hou nie en gee ook nie om oor kritiek nie.
Een voorbeeld waarna ek verwys is die peiling toe Bafana teen Ghana gespeel het. Baie lesers het gemeen Bafana gaan gelooi word. Bafana het gewen.
Die Wêreldbekertoernooi sou n groot flop wees; toe nie. Al agter gekom hoe mense kwaad is vir die Bokke maar steeds verskonings soek oor hulle vertonings? Die Engelse se ding "Law of attraction" bewys ditself. As jy 'n kar koop het almal skielik so kar en sien jy honderde elke dag, want jy is daarop gefokus. Die Afrikaanse volk moet ontslae raak van negatiewe gedagtes en die positiewes aanneem.
Ek is nie die perfekte Afrikaner nie en sal seker nooit wees nie. Positiewe houdings sal verseker dat meer dinge reg gaan vir ons en die res van die nasie, dus kom die "Law of attraction" na vore.
Die konsep is wees positief dan sal positiewe gebeure na ons toe kom. Nie altyd maklik nie, maar moontlik!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.