Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Earl September
 
Menings: 4
Artikels gelees: 561
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Terug na die swartbord met interskole

24 August 2012, 12:29  - Earl September

Die interskole kragmetings die afgelope paar weke het my gedwing tot die vraag, wat is die doel van interskole?

My verstaan van hierdie jaarlikse gebeurtenis van skole is om sport in skole te bevorder, of hierdie egter nog gebeur is een groot vraag. Skolesport, en in besonder interskole kragmetings, het in ‘n verryking van die skool ekonomie geword (wat ook belangrik is) en nie die ontwikkeling van sport.

Ek kon nie help om onlangs te lees hoe ‘n oudstudent galbraak oor skoolleerders wat rook, drink, vloek en seuns met oorbelle rondloop nie. Dit het my geruk om te vra.

1. Hoekom die ophef oor hierdie dinge by ‘n skoolbyeenkoms (wat verander het in ‘n gemeenskapbyeenkoms) as dit daagliks in ons gemeenskappe gebeur en ons daaroor niks sê of doen nie?

2. Hoekom nie die leerders aanspreek nie, as iemand ouer is dit jou gemeenskaplik plig om dit wat verkeerd is in jou gemeenskap is aan te spreek?

3. My derde vraag is egter die belangrikste, watter bewyse het die oudstudent dat dit wel leerders van die betrokke skool is wat hierdie dinge gedoen het en nie ander elemente uit die gemeenskap wat maar die skool se klere aangetrek het nie.

Wyl ek ‘n ondersteuner daarvan is dat interskole op ‘n Saterdag aangebied word omdat dit diegene wie werk (veral ouers) geleentheid gee om hul kinders te ondersteun, begin my ondersteuning al na die teenoorgestelde neig.
 
Ek moet myself afvra, lok die gebeurtenis op ‘n Saterdag nie net meer note en munte na die skool se koffers nie maar ook ongewenste elemente wat ‘n veiligheid en sekuriteitsrisiko raak. Binne die stadions kan die skole nog beskerming reël, maar die einste kinders en ander ondersteuners vaar die paaie alleen in huistoe, met die risiko om aangeval te word.

Saam met bogenoemde is dit ook die respek en dissipline van leerders wat met die jare verdwyn. Leerders is nie meer trots en ambassadeurs vir hul skole nie, dit is liefs ‘n geval van watter skool se leerders kan die ongeskikste wees. Baie van die leerders het ook min of geen dissipline en skroom nie om jou ‘n vuil woord of drie te gee as jy hulle teregwys. Net omdat van die sportkodes kontaksport is beteken nie respek moet saam met die skooldas waai nie.

In die aanloop tot die interskole-kragmeting en ook ‘n paar dae daarna is onderrig ook nie juis hoog op van die leerders se prioriteitslys nie, maar dan is dit die einste leerders (in sekere gevalle) wat jou sal sê daar is nie werk vir jongmense. Ek verskil hewig met hierdie leerders en glo in die gesegde as jy hard werk sal jy die vrugte pluk.
 
‘n Wen is ‘n wen en verloor is swaar, maar as dit jou trots is, is jy patrioties en kan jy nog wen met respek en dissipline.
 
Het dit nie maar tyd geword dat daar teruggekeer word na die swartbord en besin word oor wat die doel is van interskole en om trotse ambassadeurs van ons skole te word nie?

Sê jou sê: Dink jy interskole-byeenkomste het in ’n geldmaak-storie ontaard? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.

 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

7 menings 601 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 416 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 192 keer gelees
Gelaai deur
Mamma-Manewales
Is dit hoekom daar so baie hartse...

Voor jy vir iemand iets sê of iets doen, vra vir jouself af hoe sal jy voel as dit aan jou gedoen word?  Lees meer...

3 menings 785 keer gelees
Gelaai deur
Bets Kotze
Sinnelose advertensie

’n Advertensie oor ID-sekerheid is net ’n mors van belastingbetalers se geld, skryf ’n Nuus24-gebruiker. Lees meer...

4 menings 701 keer gelees
Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

5 menings 891 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior JSP/Java Developer – R550k per annum

Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R500000 - R550000

Article Clerk

George - Knysna
Alfa & Omega Networked Business Solutions (PTY)Ltd
R6000 - R7000

Senior Analyst Programmer (Cape Town)

Cape Town
West Coast Personnel
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.