Soggens op pad werk toe luister ons altyd na die radio en so tussen 06:00 en 06:30 op CapeTalk gesels die aanbieder met 'n nuusleser oor die topstories in die plaaslike koerante.
En kan jy glo, al wat ’n koerant is het vanoggend net slegte nuus op die voorblad gehad. Die aanbieder self het die nuusleser half gesmeek om tog net ’n goeienuus-storie te kry.
Is daar werklik niks goed om oor te skryf of berig nie?
Ek vermy maar so veel as wat ek kan die nuus want dit maak my net depressief.
Kom nou media, gaan soek bietjie die goeie nuus.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.