Nuus24-lesers gevra hoe hulle voel oor die regering wat 'n nuwe R2 miljard-dorp in Zuma se tuisdorp, Nkandla, wil bou en waarvoor hulle dink die geld eerder gebruik moet word?
Elize van der Westhuizen: “Hoekom kan die geld nie eerder gaan vir die mense wat so langs die strate bly of die wat langs die damme bly nie?”
Christa Benson: “Huise en kos vir die arm mense.”
Marie vander Walt: “Geld kan eerder aan die armes gegee word, vir behuising, om paaie reg te maak en vir dienslewering.”
Maria Serita van Rooy: “Dis ’n vermorsing van geld sou ek sê. Hier is baie mense wat honger is hier buite. Kan hulle nie die geld vir die regte doel aanwend nie?”
Yolanda Van Aswegen: “Ons paaie is in ’n toestand, al wat munisipaliteite (lees muslikepaliteit) is bankrot, miljoene mens het geen huise, warm goed of kos nie. Liewe genugtig dis tog soveel belangriker as die kamstige Zumaville. Die regering moet onthou... Elke hond kry sy dag!”
Mitchelle Groenewald: “Dink dis somme nonsens! Kan die geld gebruik om ons veiligheid te verbeter. Meer polisiemanne en vroue, beter toerusting om moorde op te los! Vader tog! Polisiebeamptes beter toerus, veiliger maak.”
Cornell Wagenaar: “Swak, asof ons land nie reeds genoeg geld mors nie.”
GESELS SAAM: Hoe voel jy oor die regering wat 'n nuwe R2 miljard-dorp in Zuma se tuisdorp, Nkandla, wil bou? Waarvoor moet die geld eerder gebruik word? Deel jou mening hier.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.