Ek stem saam met Vossie.
Ek persoonlik het nie in murg en been Afrikaans groot geword soos verstaan sal word deur die publiek nie, maar met ‘n Engelse pa en boonop ook in die Oos-Kaap gebore en getoë.
Ek probeer egter my Afrikaans suiwer hou, maar dis mos makliker om in ‘n slegte gewoonte te verval as om die energie te gebruik om die regte ding te doen – “go with the flow”..
Hoe meer geradbraakte Afrikaans gebruik word, hoe steiler word die bult.
Juis die afgelope Saterdag het ek na twee, op die oog af, baie oulike tienerjariges geluister en was verstom hoe gemeng hulle taal is.
Ek het die indruk gekry dat hulle totaal onbewus is dat die taal wat hulle in besig is nie eers meer Afrikaans is nie, maar eerder ‘n streeksdialek, onder andere geïnisieer deur sepies-taal in my opinie.
Ek is passievol oor die misbruik van ‘n taal wat baie kosbaar is.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.