As ek so kyk na die misdaadstatistiek raak ek woedend.
Ja, die minster het gesê daar’s van die statistiek wat gedaal het, maar as ek net kyk na wat in die nuus is en gesels met mense, klink dit nie vir my of die stryd teen misdaad enigsins gewen word nie.
Ek raak ook veral hartseer as ek byvoorbeeld na dié een sin in die berig lees: “Dwelmverwante-misdaad en bestuur onder die invloed van dwelms of alkohol het met onderskeidelik 15,6% en 4,5% gestyg.”
Twee van die grootste euwels in ons samelewing wat so baie hartseer veroorsaak. Hier op die Kaapse Vlakte is dit veral ’n groot probleem. So baie lewens en families word verwoes.
Daar is baie dinge wat lei tot misdaad. Armoede, dwelm- en alkoholmisbruik… Ek noem maar net drie dinge.
Dalk as ons die stryd teen die kleiner probleme wen, kan ons die stryd teen die groot probleem (misdaad) ook wen.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.