Die brief ‘Dié realiteit skok’ verwys...
Kinders speel nie meer nie.
Ek was ’n plaaskind, maar my man het in die dorp gebly. Hy vertel gereeld hoe hy en sy vriende op hul fietse rond gery het... In die koppies of inry-teater toe.
Ek sal nie dat my kinders nou net doelloos in die strate rondry nie. Dis dood eenvoudig te gevaarlik.
Ek gaan laai hulle af en kry hulle weer. Jammer om te sê, maar die winkelsentrum is die veiligste plek.
En nogsteeds as hulle daar is, is ek ook maar daar rond en wag maar dat die fliek uitkom.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.