Daan

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Stakers het dalk rede

deur Daan
2010-08-23 07:24

Ek het vandag weer met een van die stakers gesels en moet erken hulle het dalk rede om te staak.

So teen ek teen stakery is, so het ek ook simpatie met hulle redenasies.

Die mense kom uit 'n verlede met hoë verwagtings wat nou na 1994 nie heeltemal gebeur het wat hulle verwag net nie, en hulle argumente is as volg:

As die politieke leiers so baie geld kry met voertuie en huise, wil hulle dit ook hê, want dit is te danke aan hulle (die stakers) dat hulle nou daar sit, maar nou dat hulle daar is word hulle vergeet.

Geld behoort nie 'n probleem te wees nie, die land kry baie geld uit die buiteland en daar moet baie geld wees as mens in ag neem hoeveel op die sokker spandeer is en hoeveel sekere leiers gespandeer het op bv. kaartjies.

Dieselfde verhogings wat politieke leiers en bestuurslede gekry het, moet die arbeiders ook kry; dit is tog die werkers wat die werk vir die bestuurders en politieke leiers doen.

Wanneer jy met hulle redeneer kom nog meer intersante feite na vore. Op 'n vraag hoekom stem hulle die regering nie uit nie en vervang dit met 'n ander party, was een se antwoord gewees: "Ek het besluit om nie meer te gaan stem nie, want ons sal hulle nie uitkry nie. Met elke vekiesing kry die mense geskenke wat veroorsaak dat hulle aan bewind sal bly. Ek wens ons kon die NP terugkry, want hulle het vir ons almal gesorg, maar nou sit ons met baie werkloses wat sal gaan stem net vir die geskenke, dan kry hulle darem iets."

Op 'n ander vraag of hulle bewus is waar kom hulle salarisgeld vandaan, was die antwoord dat daar baie geld is, want die leiers kan lekker daarmee mors. Ek verduidelik toe dat die geld belastinggeld is wat ons almal betaal was die antwoord ook reg dat hulle nie veel daarvoor voel nie aangesien dit weereens gaan oor die onregverdige verhogings wat die leiers kry teenoor wat die werkers kry.

Wat my begin bekommer is dat volgens die vrou vanoggend is dat hulle gaan staak todat aan hulle eise toegegee gaan word en tot die leiers begin om minder geld te mors. Die salariseis gaan dus nie so seker oor meer geld nie, maar oor die manier hoe daar met geld en salarisse gewerk word.

Dié mense is nie meer oningelig nie en dit is seker hoekom die mediawet nou weer bespreek word, om die soort inligting van die kiesers weg te hou, want hulle het die storie van my seker ook al lankal gehoor.


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ AT
2010
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.