Die gebeure by die Goue Leeus Rugbyunie is verbasend al is dit nie heeltemal onverwags nie.
Nadat die Lions hul plek in Superrugby aan die Kings moes afstaan, het almal verwag dat die span sy top spelers sowel as sy borge kwyt sal wees. Maar die borge het hul steun aan die unie bewys deur aan te bly en steeds geld in te pomp al gaan hulle nie dieselfde blootstelling kry nie.
Die spelers is egter nie so lojaal nie.
Vanoggend was daar berugte dat Pat Cilliers en Michael Rhodes by die Stormers sal aansluit met Franco van der Merwe wat vir die Haaie geteken het. Daar is ook sprake dat Elton Jantjies vir Superrugby Kaap toe gaan verhuis.
Dis net 'n paar voorbeelde van talle spelers wat Johannesburg vir Superrugby prys gaan gee.
'n Mens kan hulle nie juis kwalik neem nie. Spelers soek blootstelling en hulle wil graag op die hoogste vlak meding en Superrugby is 'n gulde geleentheid vir spelers om die oog van die Springbok-afrigter en selfs die van groter klubs met meer geld te vang.
So, alles van die beste aan hulle. Doen wat goed is vir jou loopbaan - lojaliteit tel deesdae baie min.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.