Voormalige Springbok-afrigters moet liefs stilbly wanneer daar oor die huidige breier gepraat word.
Die week was Peter de Villiers en Jake White beide in die media waar hulle hul mening oor wat reg of verkeerd met die Bok-span is.
Alhoewel hulle dalk insig het oor hoe om die nasionale span af te rig, gaan dit niemand help om Heyneke Meyer te kap oor sy wedstrydplan of hoeveel swart spelers hy in sy span het nie.
Ek is veral teleurgesteld in De Villiers. Om te praat van transformasie en die feit dat swart spelers volgens hom oor die hoof gesien word het niks met die prys van eiers uit te waai nie.
Ek sou verkies dat hy liewer hieroor stilgebly het en net sake van 'n kant af dophou.
Mense het reeds begin om hom te waardeer vir sy bydrae en uitslae toe hy breier was, maar toe hy hierdie goed kwytgeraak het het dit niks vir sy beeld gedoen nie.
Mense gaan hom nou steeds as niks meer as 'n lawaaierige nar sien nie en dis jammer.
Kom ons help liewer om 'n oplossing te vind as om onnodig die span en afrigter se swakpunte onder die vergrootglas te plaas.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.