Herman Toerien

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Só lyk landskap sonder Malema

deur Herman Toerien
2012-02-06 13:06

Malema gaan nog ‘n ruk deel van die politieke landskap wees. Benewens die feit dat hy steeds volwaardig in sy amp as jeugleier dien tot sy vonnisopleggingsproses na die aanbied van versagtende omstandighede oor twee weke afgehandel is, verseker dat Malema minstens nog ‘n paar weke sy skroot-skote kan afvuur. Met die swaard oor sy kop sal hy waarskynlik eerder daarop fokus om skade binne die ANC tot die maksimum te beperk.

Die appélproses van die gelykheidshof se skuldigbevinding aan haatspraak, is ‘n komplekser situasie. Die ANC het vanuit die staanspoor die geledere om Malema gesluit, en dié saak gaan volgens alle aanduidings in die grondwetlike hof draai.

In ‘n sekere sin gaan Malema dus nog deeglik deel van die politieke landskap wees, en in die besonder as deel van die rasverdelende faktor.

Hierdie rol kry boonop hiperboliserende stukrag deurdat die ander rasverdelende faktor, Jimmy Manyi, hom nog deeglik binne die ANC se leierskliek bevind.

Dit moet voorts in gedagte gehou word dat die oorspronklike dissiplinêre komitee Malema aan die ernstigste aanklag teen hom onskuldig bevind het, Malema is naamlik in die media aangehaal dat hy na blankes as misdadigers verwys. By minstens een geleentheid, in Kimberley, het Malema die verhoog met Zuma gedeel toe hy dié stellings gemaak het, maar die dissiplinêre komitee het die klag weens ‘n gebrek aan getuienis laat vaar. Dit laat ernstige bedenkinge oor die geskiktheid van Zuma as staatshoof, na hy in die oë van baie lank reeds as regeringshoof sleg gefaal het.

Sou Malema wel nie verder deel van die politieke landskap wees nie, vra kommentators die vraag oor hoe dit die politieke landskap gaan raak.

Die eerste, opvallende implikasie, is dat Zuma se kanse om later vanjaar ‘n verdere termyn as ANC-leier en president van die land te verseker oënskynlik versterk is.

Dit is egter ook duidelik dat Zuma se vyande nie gaan lê nie, en trouens dat daar ‘n tipe selfvertroue heers dat Zuma se draadjie voor die einde van die jaar geknip sal wees. Op die horison sluimer ongemaklike hofsake, soos die moontlikheid dat die staat verplig kan word om Zuma se vervolging te hervat en moontlike ongure getuienis voor die kommissie wat die wapenskanbdaal ondersoek.

Dit is ook insiggewend dat invloedryke joernaliste reeds met sterk bewerings gevoer word oor nog seks- en geldskandale oor die president wat glo na die oppervlak gaan deurbreek. Volgens ‘n mededeling op RSG se Kommentaarprogram gisteraand voldoen die bronne hieroor nog nie aan die vereistes vir joernaliste om die bewerings met genoeg stelligheid te kan openbaar maak nie.

Daar is aanduidings dat sommige kabinetsministers wat duidelik geen Zuma-aanhangers is nie, met stille vertroue wag dat die president se wiele afval. Hier is die oë op onder meer minister Trevor Manuel gerig – iemand wat na die val van Mbeki uit die politiek wou bedank, toe skynbaar omgepraat is om terug te keer, en duidelik sy ongelukkigheid met die koestering van die Manyi-fenomeen laat blyk het. Ook ander ministers hou blykbaar bloot hul plekke in die toekomstige kabinetstou.

Die tweede is dat Malema se vertrek nie ‘n vakuum laat nie – ‘n groot groep binne die ANC is bloot nou leierloos gelaat en daardie leemte gaan op die een of ander manier gevul word. Die Zuma-faksie sal wel alles in die stryd werp om ‘n meer geskikte persoon as Malema te vind vanuit ‘n Zuma-perspektief beskou, wat ongelukkig nie noodwendig ‘n besluit in landsbelang, of gunstiger vir die Afrikaner sal wees nie.

Trouens, dit lyk of die ANC se propagandamasjien reeds die opvolger gekies het en sy kandidatuur bevorder vir ‘n min of meer naatlose oorgang. Die mantel is skynbaar geoormerk vir die Gautengse jeugligaleier, Lebogang Maile. Hy is ook die Gautengse LUR vir Sport, Kultuur en Ontspanning – kortom – hy word reeds met ‘n goeie salaris beloon terwyl hy in wese voltyds in diens van die jeugliga staan.

Diegene wat swart tale onder die knie het en gereeld na TV-nuusuitsendings in daardie tale kyk, sou reeds bemerk het dat Maile skynbaar sterk vir Malema in die bresse begin tree het en homself as logiese troonopvolger begin posisioneer het. Hy word egter ook genoeg in Afrikaanse koerante aangehaal waar hy uitvaar teen onder meer tenderpreneurskap. Hy is omsigtig genoeg om nie as Zuma-vennoot gesien te word nie, maar sê ook niks wat Zuma sal aanstoot gee nie.

Afhangende van die deuntjie wat die hoorder se ore bereik, kan hy as jeugleier ‘n groot verbetering wees, en veral die wig wat

Malema tussen swart en wit ingedryf het versag, of hy kan bloot as Malemakloon die distels bly saai.

Die Afrikaner

Dit sal bitter jammer wees as die Afrikaner met nie met positiewe energie op die verwikkelinge reageer nie. Om as Afrikaners te kan voortbestaan is dit noodsaaklik dat positief aan die toekoms gebou word, terwyl ‘n swartgalligheid verlammend inwerk en boonop die beginselvraag laat of dit die moeite werd is om ‘n sterwende lewend te hou as die kwaliteit lewe in elk geval bloot lyding beteken.

Daardie energie moet uit die Afrikaner self kom – hy moet die geleenthede benut om nie net die silwer randjie te sien nie, maar hard werk daarvan te maak om die silwer rand so breed as moontlik te kry.

In ‘n onlangse nuuskommentaar op Maroela is die water hieroor juis getoets, en daar was bitter min reaksie. Toe Nuus24 dieselfde artikel as brief plaas, het die krane van kommentaar behoorlik oopgegaan en ongelukkig is die algemene indruk dat daar selfs woede is as ‘n kommentator probeer uitwys dat daar hoegenaamd ‘n silwer randjie bestaan.

Met daardie negatiewe ingesteldheid kan die volksleiers niks maak nie.

Solidariteit het ‘n tienpuntplan bekend gestel om die Afrikaner se toekoms in verskeie opsigte te probeer verseker. Daardie inisiatiewe het positiewe energie en ‘n positiewe gesindheid nodig. Maar dan moet die hande daarvoor opgesteek word. Om bloot te teer op die energie wat met Malema se val vrygestel word, is nie die oplossing nie.

– Dié skrywe is verkort.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic AT
2000
R 109,300.00

FORD

Ranger 1800 SWB XL
2002
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.