Só bou ons agterstand op
deur Matt Heyns
2010-03-09 13:03
Die nadelige gevolge van die strydkreet Liberation before Education het SA beslis ingehaal.
Selfs biblioteke word weer aan die brand gesteek.
Navorsing toon dat dit ‘n kind sowat sewe jaar na geboorte neem om sy taalvaardighede te bemeester. SA is die enigste land ter wêreld wat van sy kinders verwag om hulle swart huistaal te laat vaar.
Hierdie ongesonde toedrag van sake dra nie net grootliks by tot die aanhoudende swak eksamenuitslae nie maar ook tot ‘n uiters skrikwekkende agterstand teenoor kinders in die buiteland in sleutelvakke soos wiskunde en wetenskap.
SA het sewentien punte swakker gevaar as die land wat tweede laaste geëindig het.
Liberation before Education is ‘n misdaad teenoor hierdie kinders en ook die mensdom.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.