So bang vir politieke kettery
deur Matt Heyns
2010-02-26 07:51
Die houding van die neo behoudenes is om van naar te word. In die ou dae was ‘n goue reël vir Afrikaners dat hulle in die politiek net moet dink en doen wat binne die raamwerk van die regering se beleid val.
Om daar buite te beweeg was politieke kettery.
Vandag se ekwivalent is ‘n standpunt wat binne die raamwerk van die grondwet val. Moenie daaraan dink om wesenlike aspekte van die gebrekkige grondwet te bevraagteken nie. Moet veral nie vrae stel oor die toepaslikheid van die grondwet vir die diep verdeelde samelewing in SA nie.
Dit is inderdaad nodig vir Afrikaners om hulle van die geestelike verknegting van die verlede te bevry en hulle ontrekkingsimtone ná apartheid af te skud.
Niks sal voordeliger vir die Afrikaners wees as om die harde werklikheid waarin hulle hulle bevind en die uitdagings wat gevolglik op hulle wag in perspektief te sien nie.
Die neo behoudenes lyk juis al te veel na ‘n poging om post-koloniale setlaarskap te probeer rasionalseer. Daarom is daar uit dié geledere selde of ooit uitsprake oor uiters relevante en aktuele strydpunte soos minderheidsregte in die algemeen. Om van die posisie van Afrikaanse skole, kolleges en universiteite nie eens te praat nie.
Veral is daar nooit, nooit enige kritiek op die uiters gebrekkige grondwet nie.
Die neo behoudenes wil die NSA kritiekloos en onveranderd handhaaf. Hierdie houding moet egter nie verwar word met die posisie van derduisende Afrikaners wat die huidige goor bestel maar net gelate aanvaar en hulle lewens buite om die politieke en aktuele gebeure voortsit nie.
Hierdie toestand is geen politieke verskynsel nie maar gewoon die gevolg van swak politieke leiers se versuim om die werklikhede van SA genoegsaam onder hulle aandag te bring en alternatiewe op die tafel te plaas en eerder saam met die swart magshebbers op die soustrein spring.
Die Afrikaner elite wat menings moet vorm , morele leiding, wysheid en insig moet verskaf het oënskynlik na hulle verraad ‘n stille politieke dood gesterf toe hulle histories in die ongelyk gestel is.
Die propaganda oompie doompies se pogings om weer ‘n las te maak sal nooit slaag nie. Nie solank daar nog ‘n maand sonder SONdae is nie.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.