Wat gebeur het by Lonmin is tragies, maar ek het dit lankal verwag.
Ek werk met baie van die stamme op wie se gronde die myne is. Dit is 'n skande om te sien dat die groot mynmaatskappye geen bydrae lewer tot infrastruktuur of maatskaplike ontwikkeling nie.
Indien daar wel ietsie kleins vir die gemeenskap gedoen word - word dit op die voorblad van die media geplaas. Die mynhandves vereis dat die plaaslike gemeenskap eerste geken moet word om kontrakte soos vervoer, skoonmaakdienste ens. moet kry.
Ek spandeer weke aan sakeplanne vir die gemeenskap wat ons dan inhandig by die myne, en niks kom daarvan nie. Die kontrakte word nogsteeds aan die groot stedelike firmas toegeken. Die grootste skande wat ek nog gesien het, is in Lebowakgomo waar die Baroka ba Nkwana-stam bly.
Een van die maatskappye het 'n groot bord langs die pad opgerig met die woorde "This water reservoir was proudly sponsored by..." - al wat daar wel was is 'n twee spoorpaadjie wat gelei het na 'n halfgeboude muur.
Dit is 'n absolute skande waarmee die mynreuse weg kom. Geen wonder daar is soveel haat en aggressie in ons land nie! Ek glo hierdie wat gebeur het by Lonmin is maar net die begin!
GESELS SAAM: Dink jy die mynwerkers moet meer betaal word? Hoeveel? Is R12 500 buitensporig? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.