Ek besef nie baie mense gaan met my saamstem oor hierdie skrywe nie, maar ek voel tog ek moet dit sê.
Soos te verwagte het Suid-Afrikaners in woede gereageer op die nuus dat Jackie Selebi mediese parool gekry het, en ek sien dat hy nou ook terug by die huis is.
Ek is net so kwaad soos almal dat hy eintlik ligter daarvan afkom, en nie veel van 'n vonnis uitgedien het nie.
Tog probeer ek myself ook daaraan herinner dat dit net deel is van die reëls van die regstelsel – en daardie reëls is neergelê met 'n rede.
Die wet maak daarvoor voorsiening dat iemand wat 'n baie ernstige mediese toestand het, huis toe kan gaan om behandeling te ontvang en in vrede te sterf. Die rede hoekom dié reël gemaak is, is omdat dit deel vorm van die grondwet van die land, wat mense se menswaardigheid eerste stel.
Soms bevoordeel daardie reëls mense op 'n onregverdige manier – kyk nou maar vir Selebi, wat nog nie veel van 'n vonnis uitgedien het nie en nou waarskynlik nooit regtig vir sy dade gaan betaal nie.
Maar die feit is dat ons by die reëls moet hou. As ons nie by die reëls hou nie, maak dit die deur oop vir korrupsie en bevoordeling. Partykeer is die reëls 'n pyn, en skep situasies soos met Selebi, wat maar onregverdig is. Maar vir elke een Selebi is daar tien ander, wat om die regte redes uit hierdie reël voordeel trek.
Ek sê nie Selebi moet vry wees nie (om nie eers van Shaik te praat nie). Ek sê net die reëls is daar vir 'n rede, en as ons dit nie volg nie maak ons die deur oop vir allerhande ander probleme.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.