Ek kan regtig nie verstaan hoe ons regstelsel werk nie.
Ek lees nou die storie van die man wat vrygelaat is nadat hy 'n hond gebraai het, en ek kan nie dink hoekom hy nie vir sy dade geboet het nie – dít omdat al die dokumente nie ingedien is nie. Ek hoop die persone wat hiervoor verantwoordelik is, gaan aan die pen ry.
Nóg 'n storie wat my so geskok het, is die storie van 'n polisievrou wat die afgelope naweek deur haar man in Kaapstad doodgeskiet is.
Die man is in hegtenis geneem omdat hy haar voorheen geskiet het, maar is onlangs vrygelaat en het toe uitgekom en haar doodgesteek.
Hoe werk ons regsstelsel dat daar toegelaat word dat voorvalle soos die plaasvind? Ek het regtig nie meer woorde vir die goed wat gebeur nie.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.