SA landstale kort elk ‘n universiteit
deur Francois Cloete
2012-01-30 07:43
Daar word altyd deur Afriforum, die Vryheidsfront Plus en ander aangedui dat moedertaalonderrig bevorder moet word by universiteite.
Die laaste paar jaar is Afrikaans by die Universiteit van Pretoria ‘n besprekingspunt, omdat dit besig is om uit te sterf. Kovsies loop ook dieselfde pad, dat Afrikaans heeltemal uitgefasseer gaan word.
Ek dink daar moet nou gefokus word om universiteite op te rig vir elke landstaal in Suid-Afrika, sodat elke burger in SA volgens die grondwet in sy taal van keuse onderrig kan kry.
Dit sal beteken dat tale soos Sepedi, Tshwana, Venda meer akademies bevorder gaan word as ’n onderrigtaal.
Studente sal beter vaar omdat hulle hul leerplanne in hul moedertaal gaan kry, waarmee hulle bekend is. Dit gaan ook die probleem oplos vir die meeste skoolverlaters wat universiteitsvrystelling gekry het om te gaan studeer by die universiteite wat opgerig is, volgens die verskillende moedertale.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.