Herman Toerien

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

SA kan nie Tutu- en Juju-retoriek bekostig

deur Herman Toerien
2011-08-22 08:15

Terwyl die wêreldekonomie nou by tye stewige simptome van die sogenaamde “double dip” begin toon – iets wat Suid-Afrika nie ongeskonde sal laat nie – is sommige Suid-Afrikaners traag om ‘n wag voor die mond te plaas wat Suid-Afrika in ‘n mate van die gevare sal vrywaar.

Vroeg vanoggend het ‘n lopie van die silwerprys aangedui dat die sentimente vir edelmetale as beleggingsverskanser nog nie brieke het nie.

Silwer, wat lank net onder die $40 per fyn ons gekuier het, het toe naby $44 gekuier in ‘n trajek wat skerp opwaarts geloop het. Dit is R316 per fyn ons. Die goudprys was sowat $100 van die $2000-merk af, met die platinumprys net $13 weg van dié hekkie.

Terwyl sommige ekonome nog kopkrap oor of die sogenaamde “double jeopardy” nou werklik in die “double dip” omsit, dui opnames daarop dat baie Amerikaanse beleggers meen die VSA, en dus eintlik ook maar die wêreld, het nooit uit die vorige resessie getree nie. Terwyl ander natuurlik ontken dat dit ooit ‘n werklike resessie was.

Nietemin, skryf Tom Keene, ekonoom en redakteur van die Bloomberg News, die psige van die Amerikaanse investeerder is gekou.

Terwyl Suid-Afrika al min of meer gewoond geraak het aan die ekonomies-skadelike soort praatjies van Julius Malema, was dit ‘n onaangename toevoeging dat emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu ook by dié koor begin aansluit het.

Die konsep dat die slag van die eend wat die goue eiers lê nie die oplossing bied nie, en dit dan boonop met die rassekaart verweef, is nie ‘n nuwe begrip nie.

Selfs noudat Julius en kie dissiplinêre stappe binne die ANC in die gesig staar, onderneem die Jeugliga om sy ekonomiese sabotasieplanne vol te hou – onteiening sonder vergoeding en nasionalisering van myne – met die volle implikasies.

Die jeugliga is ongelukkig reg dat die vasvat-planne van Julius deur pres. Jacob Zuma meer te make het met die interne politiekery as wat voorgegee word – met Julius wat as belangrike teenstander uitkristalliseer van diegene wat meen die land kan nie nog ‘n termyn met Zuma as president bekostig nie.

In die proses het landsbelang bitter min met die saak te make. In ‘n tipiese eenparty-mentaliteit gaan dit oor die belange van faksies binne die ANC.

In die proses het die Grondwet self ‘n toenemende struikelblok geword. Die Jeugliga verwys nog selde na die Grondwet, en fokus op die Freedom Chater wat wel voorsiening maak vir die nasionalisering van myne en banke, en wat grondbesit dubbelsinnig aanspreek sodat die jeugliga sy grondgrypplanne ook daarin kan lees.

Pres. Zuma en sy luitenante raak toenemend geïrriteerd met die Grondwet en die howe wat al neuk om die Grondwet bo partybelange te stel.

Hierdeur gee die regering ongelukkig nog meer sy eenparty-mentaliteit weg, asook totale onbegrip oor hoe ‘n moderne grondwetlike demokrasie aanmekaar getimmer is.

Dat daar ongemak is oor die uitdagings wat aan die Grondwet gestel word, is duidelik. Die FW de Klerk-stigting wat hom beywer vir die vasklou aan die grondbeginsels van die onderhandelde Grondwet, het Tutu in ‘n mediaverklaring aangespreek, en twee verklarings oor gebreke in die voorgestelde taalwet uitgereik.

Intussen kan die land darem mildelik doen daarmee dat Julius en kie effektief van die politieke landskap gehaal word. Die land kan hulle nie bekostig nie.
Maar hulle is ongelukkig nie al wat die land nie kan bekostig nie.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic AT
2000
R 109,300.00

FORD

Ranger 1800 SWB XL
2002
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.