Is dit net ek wat so dink, of is daar deesdae baie meer rugbybeserings as voorheen?
’n Span soos die Stormers sit skielik sonder losvoorspelers. Hoe rym dit dan? Toegegee, die spel is sekerlik meer intens. Kommentators se grootste lof gaan mos aan die speler wat sy “liggaam op die spel plaas”.
En daar is hopeloos te veel rugby op die hoogste vlak. Maar is dit nie self ook maar simptome van ’n groter saak nie?
Kyk na ’n moderne speler op internsionale, super of provinsiale vlak. Dit is die ene spiere. Dis opvallend, indien nie lagwekkend, om waar te neem hoe opkomende spelers binne twee seisoene verander in spierpaleise wat die SABC se destydse Gladiators na mamma se seuntjies laat lyk.
Is hulle dan nie taai genoeg vir al die stampe nie? Kennelik nie!
Dan dink ‘n mens terug aan ’n paar dekades gelede, toe ’n skraalgeboude voorspeler soos Niel Hugo tot op die rant van die hoogste sport kon vorder. Maar nou het rugby ’n spel vir superhelde geword, en die gepeupel betaal ten duurste om hulle in aksie te sien in die naweek-arena van bloedstollende vermaak.
Dis ook opvallend dat die meeste beserings aan die gewrigte en ligamente voorkom. Ek is geen geneeskundige nie, maar ek wonder net. Sê nou maar die rugby-kragmanne van vandag se spiere is 60% sterker as hulle voorgangers, is hulle gewrigte en ligamente ook soveel sterker?
Het gewrigte en ligamente ook die vermoë om weefsel by te voeg, te vergroot en te versterk soos wat spiere het?
Iets laat my dink dit kan nie. Hoe moet ‘n knie dit hou as ‘n spiertier met mega-skouers dit van die kant af probeer vergruis? As my aanname reg is, is die rede vir al die moderne beserings mos voor die handliggend!
Dan lê die fout mos by die moderne benadering tot die spel, en dalk tot sport in die algemeen! Dan het ons mos ’n monster geskep met die professionele era!
Ons geniet nog steeds die wonderlike spel rugby, en ek weet dis puur verniet, maar ek betrap myself nog keer op keer waar ek terug verlang na die ou dae toe dit nog deur gewone sterflike mense met geslypte vaardighede gespeel is.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.