Regeringsleiers gebruik al hoe meer Twitter
deur Herman Toerien
2011-03-25 08:29
Vyf jaar ná Twitter die eerste tweet gegee het, is verskeie regeringshoofde ook “op Twitter.”
Onder hulle tel uiteenlopende en onwaarskynlike ringkoppe, soos Barack Obama, Kim Jong-il van Noord-Korea, Fidel Castro, Dmitry Medvedev van Rusland en Hugo Chávez, van Venezuelea.
En as jy dalk lus het om vir van die leiers in hul hêppie tweet in te stuur, verskaf die Christian Science Monitor sommer van hierdie wêreldleiers se twittertadresse ook.
Obama s’n is @BarackObama, Medvedev s’n is @MedvedevRussia en Kim (nie Kim Bassinger nie) s’n is @uriminzok (“our nation”)
Obama se kuberburgers beloop sewe miljoen, Medvedev het so ‘n kwart miljoen, en Castro sowat 100 000.
Kanse vir ‘n persoonlike twitterbering vir ‘n mens se voorbarigheid is dus half skraps.
Die regerings van Tunisië en Egipte is omvergetweet, terwyl ander nog die finale tweet afwag.
Is jy op Twitter? Gebruik jy dié tegnologie? Gesels saam in die kommentaarvenster hieronder, en onthou om MyNuus24 op Twitter te volg!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.