Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Marius Snyders
 
Menings: 49
Artikels gelees: 2016
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Publiek moet Springbokspan kies’

04 June 2012, 07:24  - Marius Snyders

Heyneke Meyer het my geweldig beïndruk tydens die Wêreldbekertoernooi verlede jaar met sy indiepte analise en kennis van die spel op 'n televisieprogram waar die voorste afrigters rugbykommentaar gelewer het oor die wêreldbeker wedstryde.

'n Paar keer het hy my verloor met sy verstommende strategiese en analitiese denke rakende die moderne spel van rugby.

Hy het my nou heeltemal verloor met sy Springbokgroep keuses.

Hoekom is Gio Aplon, Siya Kolisi en Juan de Jongh nie in die groep nie? Hoekom is 'n nie-veelsydige speler soos Wynand Oliver, wat nie op vorm is nie in die span? Aplon het veel meer vlugvoetige skietgoed in méér as een posisie as baie ander Springbok-agterspelers.

Ek wonder ook op watter planeet 'n Sondagkoerant-rugbyskrywer, met 'n skuilnaam, hom bevind. Dis mos louter twak om vir die res van die land te skryf dat Heyneke Meyer 'raakgevat' het met sy spankeuse.

Dis 'n klap in die gesig van die Kapenaars en ander provinsies se rugbyondersteuners om net drie WP-spelers, twee Cheetahs en twee Lions in te sluit teenoor die 13 Bulle en 12 Sharks. Swaai die Bulle en die Sharks dan tans die septer in Suid-Afrikaanse rugby?

Dit is tyd dat die publiek die Springbokspan kies. Chaos? Miskien ja. Dit sal egter interessant wees as daar 'n publieke steekproef gedoen word en dit vergelyk word met kundiges se spankeuses.

Alternatiewelik moet sowat 20 hoë profiel rugbykundiges die span kies.

Hierdie rugby ghoeroes sal toegang tot die fynste statistiek hê, wat hul taak sal vergemaklik. Hoe so 'n proses moet werk moet beredeneer word.

GESELS SAAM: Wat dink jy van die Springbokgroep wat die afgelope naweek aangekondig is? Wie sou jy graag in die groep wou sien? Deel jou mening hier.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Vlaminqk
Die gelykenis van Elfrieda en die...

Elfrieda het ‘n vonk in hierdie boer se hart laat ontvlam, maar as haar pragtige liefdevolle hart maar net nie so ruim was nie... Lees meer...

0 menings 367 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om tegnies gestremd te wees...

Luister wanneer jou vrou praat en jou net wil help, jy sal baie geldjies spaar, skryf ’n Nuus24-leser. Lees meer...

0 menings 426 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 563 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 1328 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 663 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 214 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accounts Clerk

Johannesburg
Teleresources Staffing
R40 - R50

Sales Engineer

Gauteng
J & A Labour Contractors
R37500 - R38500

Junior Clerk

Johannesburg
Helen Wilson Recruitment
R150000 - R170000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.