'Naamsverandering kan tot opstand lei'
deur Rdsl. Philip van Staden
2012-01-23 08:30
Die burgemeester van Pretoria, Rdsl. Ramakgopa, is besig om met vuur te speel deur Pretoria se naam te wil verander.
Wat Ramakgopa nie besef nie is dat hierdie naamsverandering tot erge weerstand onder Pretorianers kan ly weens die geskiedenis van die stad en sy kultuurskatte, swak dienslewering, 'n groot tekort aan behuising en werkskepping en die ANC se onvermoë om infrastrukture in stand te hou.
Die stad se inwoners kan in opstand kom omrede biljoene rande op die naamsverandering gespandeer gaan word terwyl die ANC se verkiesingsbeloftes van al die bogenoemde weereens nie nagekom gaan word nie.
Die burgemeester moet baie mooi gaan dink wat die moeite werd gaan wees vir sy loopbaan. 'n Onbeheerbare opstand wat sy naam in die geskiedenisboeke gaan verag... of is sy toekomstige pos, dalk in die kabinet, vir hom belangriker?
Wat hy ookal sy besluit, hy het groot moeilikheid.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.