Nuus24 het lesers gevra of hulle dink pornografie kan deel wees van 'n gesonde verhouding... Hier's wat lesers te sê het.
Lynette Norris: “Nee!! Dit kan 'n huwelik verwoes!”
Liza Angela Rieper Opperman: “Glad nie! Dis sonde en klaar!”
Marisa Knoetze Vosloo: “Nee. 'n Vrou is anders as 'n man geprogrammeer. Dit sal haar walg en goedkoop laat voel om daarna te kyk. Vir mans gaan dit bloot om die prikkeling.”
Rozaan Steenkamp: “Dink nie dit is goed. Dit sal ’n vrou walg. En vir die wat klaar nie ’n selfbeeld het sal dit net erger maak. Vrouens is anders. Punt.”
Ernie Fourie: “Ek kyk nie eens self die goed nie, dis soos rofstoei... Prikkel my geensins. Ek word eerder meegevoer deur lekker parfuum, ooglopende mondhigiëne en 'n kyk wat opreg ''lief jou'' sê. Buiten dit, glo ek dat pornografie verwagtinge skep en hoerery aanmoedig. Maar dis entirely one man's opinion.”
Elizabeth Collins: “Hoe is dit lekker om te sit en kyk hoe ander mense seks het? Dis veronderstel om privaat in jou slaapkamer te wees. Dis hoekom die wêreld so siek is. Pornografie is vieslik.”
@miini527 (via Twitter): “Nee! Dink dis ongesond vir ’n verhouding... Meeste van die tyd maak dit dat mans/ vroue sal rondslaap!”

Teen 11:30 het die stemme op ons meningspeiling so gelyk...
GESELS SAAM: Dink jy pornografie kan deel wees van 'n gesonde verhouding? Deel jou mening hier.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.