Ná die situasie by Lonmin se Marikana-myn en ook na aanleiding van die berig oor die polisiekonstabel wat ‘n tiener doodgeskiet het die volgende...
Sowat twee maande gelede was daar ‘n voorval toe slegs ek en my seuntjie tuis was. Ek het gelukkig die oortreders opgemerk op ons kameras en aangesien my man sowat ‘n uur se ry van die huis af was het ek die blitspatrollie geskakel.
Erkentelik was die polisie sowel as die sektor-polisie kort daarna by my huis, alhoewel hulle eers twee keer verbygery het.
Met die stop van die polisie het hulle geluide/ bewegings opgemerk en ek het hulle toegang tot die erf gegee.
Ek was relatief angstig, maar het kalm aan hulle verduidelik dat my seun in die huis is en waar ek die oortreders gesien het ens. Die volgende oomblik klap ‘n skoot langs my. Die polisievrou het geskrik vir ‘n beweging en eenvoudig ‘n skoot afgetrek na die huis toe...'per ongeluk’.
Nodeloos om te sê het die skoot wat getrek het toe verskeie ander ‘angstige’ polisiemanne tot gevolg gehad, nou my vraag is die volgende...
Word daar steeds intensiewe opleiding aan die polisiebeamptes verskaf om eerstens krisissituasies te hanteer en tweedens hulle vuurwapens met nodige respek te hanteer en te gebruik hoe en wanneer nodig?
N.S. Ek is steeds op soek na die patroondoppie wat iewers naby my voordeur lê.
GESELS SAAM: Is ons polisie werklik goed opgelei om situasies soos dié by die Marikana-myn te hanteer? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.