Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Ernst Roets
 
Menings: 75
Artikels gelees: 1841
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Plaasmoorde: Is ANC aandadig?

19 October 2012, 13:06  - Ernst Roets

Een van die wreedste plaasmoorde wat hierdie land nog gesien het, het gedurende die aand van 1 Desember 2010 plaasgevind. Dit is die aand toe Wilna Potgieter (36) in militêre styl tereggestel is, nadat sy moes toekyk hoe 151 steekwonde onder meer met ’n kapmes en ’n tuinvurk aan haar man, Attie (40) toegedien is, voordat haar dogtertjie, Willemien (3), doodgeskiet en in ’n boks in die buitekamer gelaat is. Hoewel die wreedheid van hierdie moorde nooit in woorde oorvertel kan word nie, is die hele land deur hierdie nuus geruk.

’n Lamsakkige houding

Wat minder mense egter weet, is dat ’n woordvoerder van die ANC-jeugliga op daardie selfde aand, tydens ’n debat in Randburg vir my gesê het dat wittes in Suider-Afrika nie moet kla oor plaasmoorde en grondhervorming nie. Die ware vraag volgens haar is eerder wat hulle in die eerste plek op die grond gemaak het.

Hierdie standpunt is tipies van die regerende party (en selfs die regering) se lamsakkige houding teenoor plaasmoorde. Omtrent ’n maand gelede het die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, aggressief op ’n medianavraag oor plaasmoorde gereageer: “Moet die ANC op elke plaas wees? ... Wat verwag hulle moet ons doen?” het hy gevra. “Dit is tydmors ten beste.” Mantashe het bygevoeg dat die ANC hom alreeds teen plaasmoorde uitgespreek het en dat hulle vergaderings oor die onderwerp hou (Beeld: 12 September 2012).

Die probleem met statistieke oor plaasmoorde


Die afgelope maand is ook gekenmerk deur hewige debat oor die ware omvang van plaasmoorde. Daar is ’n legio struikelblokke wanneer dit by die akkurate raming van plaasmoordsyfers kom. Die grootste is natuurlik die regering se weiering om statistieke vry te stel. Die redes daarvoor is oop vir spekulasie. Die beste raming oor die omvang is waarskynlik dié van dr. Johan Burger van die Instituut van Sekerheidstudies, wat met erkenning van gebrekkige data, die plaasmoordsyfer vir die jaar 2007 op 98,8 moorde per 100 000 kommersiële boere bereken het (lees sy volledige artikel hier). Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings het ook onlangs toegegee dat die boeregemeenskap in Suid-Afrika meer kwesbaar as die algemene samelewing is.

Dr. Burger verwys verder na die feit dat daar 51 polisiebeamptes uit 100 000 gedurende 2011/12 vermoor is. In reaksie hierop het die regering ’n nasionale spitsberaad oor polisiemoorde gehou om ’n teenstrategie uit te werk. Dieselfde dringendheid ontbreek egter ten opsigte van plaasmoorde, wat na raming reeds in 2007 dubbeld soveel was.

Uniekheid selfs belangriker as die omvang

In die hitte van die debat raak dit egter maklik agterweë gelaat dat die debat oor plaasmoorde nie by syfers moet staan of val nie. Die feit is eenvoudig dat boere in gevaar is, dat hulle in unieke omstandighede in afgeleë gebiede woon waar die reaksietyd van die polisie en selfs hul gemeenskappe geensins met dié van stadsbewoners vergelyk kan word nie. Dit regverdig op sigself die prioritisering van hierdie misdaad en ’n unieke strategie vir die bekamping daarvan. Hierdie motief is immers die belangrikste rede waarom koperkabeldiefstal geprioritiseer is en nie meer bloot as “gewone diefstal” beskou word nie. Daar is ander voorbeelde ook. Dan het ons nog nie eens by die unieke wreedheid van plaasmoorde, die frekwensie daarvan of die belangrike rol wat boere in die samelewing speel, uitgekom nie. Hierdie rol sluit in werkskepping, voedselsekerheid en die bydrae wat boere tot die ekonomie maak – ’n rol wat deesdae maklik misken word.

Dit bring ons terug by die ANC...

Klimaat van geweldsromantisering

Terwyl Mantashe verklaar dat sy party ook teen plaasmoorde is, is hy in ’n voorbereidingsproses om in die hoogste hof van appèl sy party se reg te verdedig om te mag sing dat Afrikaners en boere honde is wat geskiet moet word. Terselfdertyd staan sy party ferm in die bresse vir sy waarnemende jeugleier, Ronald Lamola, wat onlangs op ’n mediakonferensie verklaar het dat die “Van Tonders en Van der Merwes” (beide algemene vanne in die boeregemeenskap) se veiligheid nie gewaarborg kan word nie. Dit is dieselfde party wat nie ’n vinger verroer het toe die voormalige ANC-jeugleier in die teenwoordigheid van sy president verklaar het dat wittes kriminele is en as sodanig behandel moet word nie.

Nadat dit genoem is, moet ’n mens toegee dat hierdie feite nie voldoende is om ’n gevolgtrekking te maak dat plaasmoorde deur die ANC gepleeg word of dat daar ’n beplande afmaking van boere is nie. Die teenkant van die argument is egter dat geen redelike persoon teen hierdie agtergrond die standpunt kan huldig dat die regerende party hom werklik met hierdie probleem bemoei nie.

Dat die regerende party besig is om ’n klimaat te skep waarin geweld teenoor boere geromantiseer word, is ooglopend. Teen hierdie agtergrond is dit ook nie vergesog om die gevolgtrekking te maak dat die regerende party in sy nalatigheid aandadig aan die plaasmoordkrisis is nie.

– Ernst is adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.



 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
75 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 50 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 244 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 266 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 433 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 804 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 832 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.