‘Parow se raklewe nie so lank’
deur Kobus Versfeld
2012-02-01 12:30
Insake: Jack Parow...
Daar is ongelukkig ’n trend wat posgevat het onder die musiekluisterende Afrikaner, in besonder diegene wat daarvan hou om hulle taalgebruik te sout en peper met vuil taal.
Sommige van die “kunstenaars”, onder andere Jack Parow, het dit agtergekom en skool nou sy CD’s op hierdie tendens. Toe daar nog ’n publikasieraad was, was enige vuil taal in flieks, oor die radio en op plate, taboe.
Noudat alles oorboord gegooi is, en vuil taal die algemene spreektaal geword het in baie flieks, TV-programme ens., rus die onus nou op die ouer om sy/ haar kinders NIE te laat kyk NIE, want daar staan tog duidelik PG16 of PG18 (SNVL).
Dis egter ’n ander storie wat CD’s aanbetref: almal kan dit koop, almal kan daarna luister en hoe meer daar in die lirieke gevloek word, des te beter.
Jack Parow het ontsettende sukses behaal met sy eerste CD wat verkope aanbetref, toe skaal hy so ‘n bietjie af (nie heeltemal nie) tydens sy vertonings, maar behou sy Zeff-musiek en Zeff-taal.
Sy geluk is dat daar duisende Afrikaners daar buite is wat asblikke van hulle ore wil maak, en dus sal aanhou om sy musiek met die vloekwoordlirieke te koop, maar dat hy ook eendag sal oud word, en daar nuwe jonger rappers sal opstaan om sy plek te vat, is so waar soos padda wat ‘n manel dra.
Ek glo nie sy raklewe gaan lank hou nie, en dis my mening, baie sal verskil, veral die met die asblik-ore!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.