Ek het net 'n paar vrae...
Hoekom kry ons Olimpiese goue medaljewenners R400 000 en ons Paralimpiese goue medaljewenners kry slegs R100 000? Dan bring die Paralimpiese sportmanne en vroue meer medaljes terug ... Kyk maar net in die verlede en nou.
Dit is 'n skande hoe Suid-Afrika hulle gestremdes hanteer! Dan praat ek nie eers van die uitsaaityd wat slegs op een kanaal te sien is nie en die Olimpiese uitsaaityd was op alle sportkanale te sien.
Hierdie mense sit soveel meer in en hulle kry nie eers dieselfde behandeling as die "normale" Olimpiese sportmanne en vroue nie.
Kyk 'n bietjie wat ander lande vir hulle gestremde atlete gee as hulle wen...
Dit is 'n skande dat Suid-Afrika so min vir ons gestremdes omgee en doen!
Kom ons staan saam en laat die regering ons gestremdes meer vergoed as die kleingeld wat hulle nou kry.
SÊ JOU SÊ: Dink jy die medaljewenners by die Paralimpiese Spele moet dieselfde vergoeding kry? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.