Ek het ‘n 11-jarige dogter. Ek laat haar nooit uitslaap by maatjies nie. Aan die ander hand, haar maatjies is altyd welkom. My deur staan oop.
Of, dit was altans die geval tot so ‘n rukkie gelede. Wat my egter pla oor die hele uitslaapaffêre is die feit dat ouers doodeenvoudig net hul kinders by jou kom dump.
Alhoewel jy moeite vooraf probeer doen om te verseker dat jy altyd die nodige kontaknommers, en ja, selfs die maatjie se ouers se name en adres kry, dit baie selde eintlik gebeur.
Die ouers gee net nie om nie. So lyk dit in elk geval.
My hele probleem is hoekom moet ek al die besonderhede kry, by die mense wie hul kind so vinnig by jou aflaai? Dis mos hulle plig, is dit nie?
Ek moet hulle my nommers self gee. Ek moet my vrou se nommer vir hulle self gee. Indien ek dit nie vir hulle gee nie, vra hulle dit nie eers nie!
Is die kinders in julle pad? Wil julle net van hulle ontslae raak?
Ek sien dit so, indien ek sal toelaat dat my dogter gaan uitslaap by ‘n maatjie, moet ek mos seker maak dat ek die maatjie se ouers se nommers en moontlik hul adres het?
Dis mos my plig! Dis mos my keuse as ouer, om dit te keer wanneer ek nie van iemand hou nie. Dis nie dat ek snobisties is nie, dis my kind se veilgheid wat my kommer.
As die maatjie se pa se asem ruik na sterk drank, kan ek mos kies dat sy nie daar gaan slaap nie. En so aan ensovoorts.
Is ek nou verkeerd of te beskermend?
GESELS SAAM: Dink jy dié skrywer is te beskermend? Laat jy jou kinders uitslaap? Hoe voel jy oor dié saak? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.