Ek stem heelhartig saam met die skrywer van die brief “Ouer, waar is jou kind?”
Dis asof vandag se ouers nie kan wag om hulle kinders iewers af te laai nie en dan word daar hele naweek lank nie eers geskakel om te hoor of alles nog reg is ens. nie.
Ek dring aan op ’n lysie van nommers en adresse sowel as enige allergieë en mediesefondsnommers ens. As iemand se kind wel by my oorslaap dan word jy aangekyk asof jy iewers uitgekruip het, of bose planne het?
Ek het die oorslapery nou stopgesit behalwe by huisvriende waar daar miskien met verjaarsdae of die once in a blue moon oor-en-weer slapery is, maar die is mense wat ek hulle ouers se nommers het en hulle myne.
Ouers moet meer aandag aan hul kinders se veiligheid begin gee en nie so maklik ingee op ‘n gekarring en kerm nie.
GESELS SAAM: Laat jy jou kinders uitslaap? Hoe voel jy oor dié saak? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.