Die onderwys is in 'n krisis omdat die kenners nie deel het/ gehad het in die kies van 'n onderwysstelsel nie; presies wat gebeur het met uitkomsgebaseerde onderwys!
Die kenners (opvoeders) wat op grondvlak werk met leerders word eenvoudig geminag. Die instelling van die kurrikulum- en assesseringsverklaring (CAPS) sal weereens probleme veroorsaak, omdat die stelsel nogeens ingevoer word en opvoeders word eenvoudig beveel om dit te implementeer, sonder om die voor- en nadele van die stelsel deeglik te analiseer.
'n Groter probleem wat die onderwys ook ervaar, is die jaarlikse nasionle assesserings (ANA's) wat deur leerders landswyd afgelê moet word. Die slaagpersentasies sal altyd negatief geaffekteer word, solank "leerders wat die risiko loop om 'n graad te herhaal", dieselfde assesseringstoetse as die hoofstroom-leerder aflê.
Hierdie sogenaamde "learners-at-risk" sal telkemale die slaagpersentasie afbring en die blaam sal weer voor die opvoeder se deur gelê word!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.