My seuns is vandag oud en getroud, 27 en 30.
Hulle is nou wel seuns, maar ons het hulle omtrent nooit laat uitslaap nie. Die kere wat dit gebeur het, kan ek op een hand tel en na ’n lang bespreking tussen hulle en ons, was ons eens dat dit nooit weer sou gebeur nie.
Hulle kon maats by ons huis ontvang en dan is die kampeertent opgeslaan en kon hulle laat op bly en in die Lapa rekenaarspeletjies speel, snoeker speel of veerpyltjies (natuurlik onder ons wakende oog).
Vandag is hulle mans wat hou van hul eie privaatheid en beddens. Hulle en hul vroue hou nie daarvan dat vriende by hulle oornag nie en hulle laat dit glad nie toe nie.
Dis snaaks hoe selfs groot mense sal kuier en oornag sonder dat hulle die nodige eie toiletgeriewe (tandeborsel, waslap, skoon onderklere ens.) byderhand het nie.
Ek glo dat ’n mens nie ’n kind in ’n kokon moet grootmaak nie, maar sekere gewoontes soos oorslaap by maatjies kan meer sleg as goed doen.
My kinders het elke jaar op rugbykampe en skoolkampe gegaan, maar by ander oorslaap, jammer, hulle tel maniere, en gewoontes daar op wat nie strook met ons opvoeding vir hulle nie.
Ek is al baie veroordeel oor my gevoel oor kinders wat oorslaap. Onlangs het een van ons famililede se 15-jarige dogter ’n noue ontkoming gehad met so ’n oorgeslapery. En toe die ouers ons mening vra, en ons sê n kind slaap in sy/ haar eie bed, se hulle toe dis darem te streng.
Ons antwoord was dat hulle dan maar self die probleme wat die uitslapery veroorsaak moet hanteer.
My seuns kon by ouma en oupa en by hul nefies oorslaap, en dis waar oorslaap eindig. En selfs dit was per uitsondering.
Ek is vas oortuig dis ’n "onding" en na vele stories deur verskeie mense, dat oorslaap menige hartseer veroorsaak het, glo ek dis beter om dit glad nie toe te laat nie. Selfs in my familie was daar al ’n paar rillers.
Ek glo daar is uitsonderings, en as ek nie ’n persoonlike verhouding met my kinders se vriende se ouers het nie, was hulle glad nie toegelaat om oor te slaap nie. Die twee keer wat dit wel gebeur het, is omdat ons huisvriende is. Selfs toe het my vriendin gesê dis verbasend hoe vinnig mense hulle kinders aflaai en vir twee tot drie dae glad nie worry oor hulle nie.
Vandag is my seuns baie dankbaar dat ons hulle streng waardes geleer het en hulle sê hulle sal dieselfde reëls op hul kinders toepas. Vandag kan ’n mens nie meer ander mense met jou jong kinders vertrou nie. In werklikheid kon ’n mens nog nooit nie.
Ek weet, ek het eenmaal uitgeslaap, toe die oom aan my gevat het, ek het my lam geskrik en wou net huistoe gaan. Ek het my ouers nie vertel nie omdat ek bang was ek sou my vriendin verloor.
Die oom was ’n goeie Christen en ouderling in sy kerk, voorbeeldige mense. Ek het nooit weer my ouers gevra om uit te slaap nie.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.