Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Peter Pentz
 
Menings: 1
Artikels gelees: 370
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Oom Riaan ’n regte rolmodel’

02 November 2012, 10:43  - Peter Pentz

Jho, wat ‘n skok was dit vir my toe ek vandag uitvind dat oom Riaan Cruywagen aftree.

As ‘n 16-jarige seun was oom Riaan, ‘n regte rolmodel. Oom Riaan het vir my ma, my pa vir my, my broer en suster die nuus elke aand vertel.

Nou gaan oom Riaan ons verlaat, wat ‘n verlies.

Ek het nou die dag vir my sy outobiografie gekoop en WOW wat ‘n boek! Seker een van die beste!

Ek sal regtig graag nog eendag vir oom Riaan onmoet!

Baie dankie oom Riaan vir soveel jaar se nuus bring!

Ons gaan oom mis!


So voel (nog) Nuus24-lesers oor Riaan Cruywagen se uittrede...


Theuns van Wyk: “Vorwaar ‘n hartseer oomblik wat met skok verneem moes word. Riaan gee betekenis aan die word ikoon. Riaan se gelyke sal nie gou gevind word nie.”

Metilda Pretorius: “Ai, ons gaan jou mis, Haas Das!! Het jou ontmoet al van toentertyd en jy is voorwaar ’n legende. Sterkte en voorspoed vir jou en jou gesin. Snik, snik.”

Adri Veldman De Beer: “Jis, dis ’n leeftyd! Ek gaan hom mis. Hy is al deel van ons huishouding vandag ek ’n kind was in laerskool. Nou is ek self ’n ma en jare later en my kinders het hom ook leer ken. Geniet dit. Die nuus gaan nie meer dieselfde wees sonder Riaan Cruywagen nie.”

Lyn Wolvaardt:
“Ons gaan jou mis. Maar dit is nou tyd om bietjie te rus en jou lewe te geniet.”

Johan du Toit: “Lekker rus en dankie vir die voorreg om jou vir so lank as top-nuusaanbieder te kon beleef.”

Mycivandermerwe van der Merwe: “Dankie oom Riaan, nou wat ek groot is waardeer ek dit dat jy vir ons op hoogte gehou het. Daar was dae wat ek gewens het jy wil net verdwyn, lekker lag ek nou, maar toe was ek kind en het my ouers ons gedwing om nuus te kyk. Pa het altyd gesê, jy gaan eendag nog dankie sê, maar hy het nie gesê vir wie nie... Sterkte en God se rykste seën op die res van oom se lewenspad.”

Stéfan Beukes: “Nuus sal nooit weer dieselfde wees...”

Cecile Kemp:
“Kan nie indink hoe ons TV-kamer gaan wees sonder jou op ons skerm! Ons was werklik bevoorreg om jou vir soveel jare by ons te hê. Mooi en “heartfelt” wense dat jou aftreejare geseënd mag wees met goeie gesondheid, liefde, gemoedsrus en ook al die geluk wat jou en jou familie toekom vir die lekker “saamwees”.  Mag God jou seën elke dag, ons gaan jou mis.

Lorraine Viljoen: “Beste Riaan, dit was ‘n voorreg om vir so veel jare na jou te luister. Geniet die aftrede en mag daar vir jou en jou familie nog baie wonderlike jare wees om saam te geniet.”

Tanya Marais:
“Dis met groot skok wat ek die nuus van jou aftrede met die kantoor gedeel het! Alhoewel ek die laaste ruk nie meer veel nuus gekyk het nie, kan ek nie 'n lewe voorstel waarin jy nie op die kassie is nie! Ek is nou 28, so het met jou as nuusleser groot geword. Ek wens jou alle voorspoed en geluk toe met die rustige jare wat voorlê.. Geniet die aande saam met jou familie - uitgestrek op die bank in jou kamerjas en pantoffels! Alle voorspoed!”

Gerhard Booysen: “Dat mens jou gaan mis na al die jare op die kassie is verseker geen geheim nie! Seën en voorspoed op jou nuwe lewenspad. Geniet die rus, vreugde en kwaliteit tyd wat jy nou saam met jou gesin kan spandeer terwyl jy terug dink aan al die komiese staaltjies van die 37 jaar. Gods rykste seën bid ons jou toe. Geniet elke oomblik van die aftrede Riaan, jy verdien elke sekonde daarvan.”

Chani Rossouw: “Riaan, Jy is ‘n ikoon waarmee al my kinders groot geword het, die nuus sal nooit weer dieselfde wees nie! Geniet jou aftrede”

Marina: “Riaan jy sal gemis word. Vir so lank was jy deel van ons huis se TV. Ons gun jou die rus. Baie. Dankie vir elke spitsvondige se ding na die nuus. Jy hey almal se lewe opgevrolik.”

Charnelle Smeda en familie: “Dierbare Riaan, jy is langer op die kassie as wat van ons oud is. Ek was maar net 'n vae gedagte toe jy jou eerste bulletin lees. Ons het opgegroei met jou as aanbieder vir ons pragtige taal se nuus. Baie dankie vir al die jare wat jy en jou familie opgeoffer het om ons op hoogte te hou met wat in die land en wêreld aangaan. Ons sal baie na jou verlang, maar gun jou 'n rustige aftrede. God seën jou en jou familie ryklik.”

Marlene Visser: “Welverdiende aftrede, Riaan. Ons gaan jou mooi Afrikaans mis.”

Yolanda: “Riaan ons gaan jou verlang, jy is onse eie Chuck Norris. Alles van die beste met die toekoms.”

Marina Wijne: “Ons gaan jou mis op die kassie, maar daar kom ’n tyd in ’n mens se lewe wanneer ons die briek moet aandraai en hokaai dis genoeg. Ek hoop jy geniet jou aftrede saam met jou familie, dit is baie belangrik. Maar onthou om af te tree beteken nie jy gaan nou heeldag sit en boek lees nie. Nee vergeet dit, dan gaan vroulief sê ag Pappa doen dit gou of gaan gou vir my winkel toe. Geniet dit en ek wens jou al die rustigheid toe want jy verdien dit.”

Ross: “Baie dankie vir jou deelwees elke aand op die tv, Riaan. Jy is soos braaivleis en bier. ’n Groot deel van ons lewe saam met jou gespandeer. Jy is ’n ikoon vir Afrikaanssprekendes!”



 



 

 









 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 79 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

42 menings 405 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 225 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 202 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2200 keer gelees
My pa, my hero

Vandat sy haar oë op haar pa kon lê was hy vir haar die mooiste, beste pappa in die hele wêreld en haar rolmodel in die lewe... Lees meer...

2 menings 504 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.