Rakende die berig "Muldersdrif-moorde: Verdagtes in hof":
Na aanleiding van al die moorde wat gepleeg word in Suid-Afrika, moet ek brutaal eerlik wees en vra: meestal word die verdagtes nooit gevang nie en vir die paar keer wat hulle wel gevang word en in die hof verskyn, wonder ek wat die punt is daarvan?
Maak nie saak of hulle skuldig bevind word of nie... Die feit is daar is ’n onuitputlike bron van sulke mense soos hulle in Suid-Afrika.
Aan Carel Boshoff en sy mense wil ek voorstel... Vergeet van Orania wat êrens in die wildernis is... Gaan koop grond vir die Afrikaner en die Engelsman in die Weskus van Suid-Afrika, by die see... waar daar 'n moontlikheid vir 'n hawe is en julle kan handeldryf en finansieel selfstandig kan word.
Mense wat moeg word vir die misdaad en die diskriminasie sal soontoe trek as julle 'n ekonomiese lewensvatbare gebied kan skep.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.