I.D. Kruger het gesê as ’n volk sy kinders versaak is die volk verdoem.
In dieselfde taal verstaan ek as ’n volk sy taal verwaarloos is daardie volk ook verdoem.
Julle weet ek dink baie terug aan ’n liedtjie van Chris Blignaut (Jan asseblief tog squeeze my), het dit nie al daar begin dat ons ons taal verwaarloos het nie?
Gaan kerk toe, die jeug wil net Engelse liedere sing agter die mode aan.
Terloops interessante onderwerp, ek wonder hoeveel persone, veral mans, het ’n grot, kas, hok, dogbox, en den soos myne bekend staan, waar hulle hul musiek kan uitleef?
Ek self het so 150 Afrikaanse langspeelplate (van viniel), in totaal so 2 000 CD's, DVD's en ek luister nog daarna.
My gunsteling, enige opgewekte Afrikaanse keurspel.
Stem jy saam met Vossie? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.