Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 6
Artikels gelees: 115
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Ons kort diverse vaardighede

14 December 2012, 07:30  - Barend

Een van die interessantste interpretasies van Suid-Afrika se tersiêre stelsel het ek onlangs gelees.

Ek wil baie graag aansluit by Johan. Universiteite is ’n uiters belangrike deel van ons samelewing. Jy kry hierdie verskynsel in die lewe. Mense kies altyd die ‘beste’ dit of die ‘beste’ dat. So kry jy ’n lys met die sogenaamde ‘beste’ universiteite. Asof die goed range het. Dit terwyl elke liewe universiteit ’n unieke gemeenskap dien met sy eie unieke (en ewig veranderende) behoeftes. Net soos elke skool. Wat beteken die ‘grênd’ universiteite van die wêreld, soos Oxford, Princeton, Cambrigde en die Sorbonne en dies meer (so wonderlik soos die plekke sekerlik is) vir die mense op sê Mier?

Maar nee, ons kies mos altyd die beste dit en die beste dat. Ons kies tot so ding soos die ‘begeerlikste vrou’. Hoe belaglik.

En so het dit ook gekom in Suid-Afrika dat sekere beroepe ’n hoër status as andere het. Nou ja, dit is seker in beginsel nie verkeerd nie. Maar wat jammer is, is dat ons in ’n wêreld sit waar mense tog te graag op mekaar neersien. Dié verskynsel is so oud soos die berge. Dit is baie goed gedokumenteer.

En dit is hier waar Johan tog een groot blaps maak in sy oordeel (hoewel ek steeds die grootste lof vir sy stuk het).

In die afgelope naweek se Rapport vind mens ’n baie interessante stuk deur die onderwyskundige dr. Elsabe Pepler. Skryf dr. Pepler “Meer as 60% van studente aan tersiêre instellings voltooi nooit hul kursus nie”.

En dan skryf dr. Pepler verder en sy gebruik ’n kritiese kritiese belangrike woord – ‘selfkennis’. In die woorde van dr. Pepler:

“Talle studente vertel my dat hul ouers dikwels die besluite oor hul beroepskeuses namens hulle neem. Vir sommige was hul beroepskeuse verkeerd weens ontoereikende inligting en selfkennis”.

Maar die stelsel wat ons ontwerp het beloon nie onafhanklike kritiese denke nie. As jy onvoorwaardelik in die kerk aanvaar wil word, dan beter jy nie vrae vra nie. Sommer net als glo wat gesê word. En so is dit ook met jongmense. Hulle word groot met stereotipes van mense. Van werke. Van geld. Van wat is waardevol. Van al die steriotipes wat my eie geslag maar mee groot geword het.

Die punt wat ek maak is dat universiteite onnatuurlik verafgod word in hierdie land. Die doel van ’n universiteit is om die gemeenskap in die breedste sin moontlik te dien. Die universiteit is nie ’n doel op sig self nie. Want net soos die kerk is die universiteit se mandaad ook gewortel in die behoefte van die gemeenskap.

Skryf dr. Pepler: Vergeleke met ’n akademiese personeelkorps wat in meeste ander lande (selfs in Afrika) rondom 75% doktorsgrade het, het slegs 34% van Suid-Afrika se personeelkorps ’n PhD – een van die laagste syfers ter wêreld. Sportafrigters se salarisse het van 1985 met 650% teenoor onderwysers se 32% toegeneem.

Ons moet versigtig wees as ons ‘minder’ PhD’s begin bepleit. Navorsing is een van die mees belangrikste dinge op aarde. Want daarsonder sal ons stagneer. Ons kort doktorsgrade en ons kort dit gereeld. Hoe meer hoe beter, want die wêreld is altyd aan die verander.

Wat ons benodig in Suid-Afrika is ’n sisteem wat meer gebalanseerd is. Ons kort dat ons onderwysers (wat uiteindelik die mense is wat daardie studieleier se kandidate brei), dat hulle weer die status en waardigheid sal geniet wat hulle eens op ’n tyd gehad het.

Ons benodig voorts ’n uitgebreide studie na die aard van Suid-Afrika se universiteite se uitsette. Verander die navorsing wat wel plaasvind die wêreld waarin ons leef? Of is dit maar dikwels, soos wat Johan beweer, eerder ’n kwessie van statistiek, van hoeveel PhD’s deur die sisteem gejaag kan word en hoeveel akademiese artikels?

Maar bowenal benodig ons dat die universiteit weer ’n gesonde plek in die samelewing sal opneem, want wat tans aan die gang is, is als behalwe gesond. Ons het eens dinge gehad soos ‘kolleges’ – plekke wat kritiese vaardighede op massaskaal kon versprei. Verál in beroepe soos die onderwys, maatskaplike werk en verpleegkunde. Dit het eens op ’n tyd so gewerk dat ‘universiteite’ op die nuwe navorsing gefokus het terwyl die ‘kollege’ en die ‘tegnikon’ gemoeid was met die oordrag van vaardighede, veral praktiese opleiding.

Maar so erg is die ‘universiteit’ skynbaar verafgod dat die ‘kolleges’ opgeslurp is deur die universiteite (sedert 1994 MOET elke liewe onderwyser deur die ‘universiteit, en, kan mens vra, het die onderwysstelsel verbeter?). Dit terwyl die ‘tegnikon’ sy naam verander het na ‘sentrale universiteit van tegnologie’ met ’n sterk klem op navorsing (in navolging maar van die universiteit).

En so begeer almal, lyk dit my, om universiteitsprofessore te word, en plaas die samelewing druk op mense om almal deel van die ‘akademie’ (in Johan se woorde die ‘worsstopper’) te word. En die resultaat is dat ons as ’n samelewing se vaardighede al minder en minder diversifiseer. Ons wil almal dieselfde wees. En die uiteinde is dat net enkeles ‘bo’ uitkom, en, natuurlik, die ander uiteinde is dat universiteite dikwels nie daarin slaag om presies dit te doen wat hulle veronderstel is om te doen nie, naamlik om die gemeenskap in die breedste sin van die woord te dien nie. Want die ou wat uiteindelik ‘bo’ uitkom, verkies dikwels eerder om sy posisie te beskerm as om navorsing te lewer wat die samelewing uitdaag (dit is amper net menslik, gegewe die kompetisie).

Doktorsgrade moet gebore word uit die behoeftes van die gemeenskap in die breë, nie uit die begeerte van individue om professore te word nie.

As ons hierdie beginsel volg, dan sal verskeie dinge gebeur. Ons sal:

1. Minder mense hê wat nie hul studies voltooi nie.

2. Minder proefskrifte hê wat, soos die gesegde lui, ‘stof opgaar’.

3. Meer mense he wat navorsing onderneem, nie met die oog daarop om spesifiek ’n “baan” in die akademie te volg nie, maar mense wat in verskeie ander beroepe verkeer en spesifieke behoeftes identifiseer het waaroor navorsing dringend nodig is.

4. Meer mense he by ‘tegniese’ instellings waar hulle tot hulle volle reg sal kom en sal ontwikkel in produktiewe mense wat hulle land sal dien (Oor die onnodige konflik tussen ‘akademie’ en ‘tegnies’, sien L. van der Linde “Akademies vs tegnies’ in Vrouekeur, 7 Desember p. 20 -21)

Ons kort twee dinge in Suid-Afrika. Ons kort groter selfkennis en groter balans. Dit is onaanvaarbaar dat universiteite so onnatuurlik verafgod word. En dit is onaanvaarbaar dat mense so dikwels op mekaar neersien.

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 45 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 236 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 261 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 431 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 800 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 831 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.