Sommige ouers kan baie onverantwoordelik wees.
Ek stem saam met die skrywer “Moenie rook met kinders in motor”.
Dis so ongesond, nie net vir daai kinders nie, maar daai persoon (ouer) wat rook. En ek dink nie ons het studies nodig om dit te bewys nie.
Nes jy (skrywer), vervies ek my ook vir ouers wat nie hul babas in karstoeltjies vasmaak nie. Of die wat met die baba op hul skoot voor in die pasassierskant sit.
Net die ander dag sien ek ma en pa wat pas hul kinders by die kleuterskool kom oplaai het. Ma sit wel agter met die baba op die skoot. Maar die ander kind staan tussen die twee sitplekke en wat nog erger was... pa gesels op die selfoon terwyl hy daar wegtrek.
Ongelukke gebeur so gou. Ek sê altyd “rather safe, than sorry”, so buckle up!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.